‘n Groot skuif weg van die tradisionele gesinboerdery na korporatiewe styl-boerderye vind in Australië plaas.
Luidens ‘n berig op The Land is dié neiging deur KPMG, die internasionale firma wat professionele oudit en bealstingdienste doen, waargeneem.
Volgens The Land kan Australiëse boere, wie se gemiddelde ouderom 56 is, nie meer hul kinders so ver kry om te gaan boer nie.
KPMG sê teen die middel van die 2020’s kan heelwat van Australië se produktiewe landbougrond in die besit van korporatiewe boerdery-ondernemings wees.
Bron: The Land
27 Februarie 2012