AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4786
-16,00
SOYA
05 Okt
-
9240
-25,00
SUNS
05 Okt
-
10206
-4,00
WEAT
05 Okt
-
7202
33,00
WMAZ
05 Okt
-
4947,8
31,80
YMAZ
05 Okt
-
4869
13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Elma Postma bied Plaaskombuis op VIA aan

Plaaskombuis, ? nuwe TV-program, begin Woensdag op die DStv-kanaal VIA, en die gewilde Elma Postma is die aanbieder!

Kuiers, moerkoffie en lekker kos máák ’n plaaskombuis, sê die gewilde Elma Postma oor Plaaskombuis, 'n nuwe TV-program wat Woensdag op die DStv-kanaal VIA begin.

Sy dink die groot verskil tussen plaaskos en stadskos is die tyd wat daaraan afgestaan word. "Waar ’n mens in die stad vinnig ’n vleisie op die gasbraaier braai, kook plaasmense ’n bredie ure lank om dit heerlik en geurig saam met ’n varsgebakte brood voor te sit en sit dalk ’n bietjie vet en kaiings en tuisgemaakte konfyt óp hierdie brood.”

Só vertel Elma, die aanbieder van Plaaskombuis, Landbouweekblad en die DStv-kanaal VIA se splinternuwe kosprogram waar sy plase besoek om lekker in die kombuis en om die etenstafel te kuier. Die program begin op Woensdag 14 September om 18:30 op VIA, met die medewerking van die borg Monsanto.

Plaaskuiers is spesiaal

Daar is iets spesiaals aan ’n plaaskuier, wat al met die rit plaas toe begin. “Dis asof jy rustiger raak met elke kilometer dieper die natuur in.”

Die reuke van die plaas en die gasvryheid van die plaasmense dra ook by. “Jy raak deel van die aarde en al die elemente om jou. Jy kan gaan stap in die veld en jou hande kan hier lekker vuil raak.” Maar die besoek eindig altyd op een plek. “Natuurlik die heerlike kuier om die vuur in die lapa of moerkoffie langs die koolstoof by die kombuistafel.”

Hierdie idilliese plaasatmosfeer is presies waaroor Plaaskombuis gaan, met die klem natuurlik op die kombuis self. “Op al die plase waar ons besoek aflê, is die kombuis die plek waar stories vertel word, lekker kos gemaak word en waar jy die hart en siel van die plaasmense leer ken.”

Elma is dol op afval, met kerriesmakie

Plaaskos is natuurlik iets waarop Elma dol is. Maar dié stadsvrou se gunsteling-plaasdis sal jou dalk verbaas. “Ek sal baie doen vir ’n heerlike afval met so ’n kerriesmakie.” Sy het nog nie self haar hand daaraan gewaag nie, maar sy het haar eie oplossing. “In die stad maak ek ’n heerlike skaapvleis en tamatiebredie op die stoof. Dit duur sowat drie tot vier uur, dan is hy op sy lekkerste.”

Dit wil so klink asof Elma binnekort haar enkelstewels vir plaasstewels gaan inruil. “Die ideaal sou wees om op ’n plaas te bly, maar om ook ’n plekkie in die stad te hê. Met my werk is dit nie noodwendig moontlik om op ’n plaas te bly nie. Maar ek sal goed aard op een.”

Al kan ons nie almal plaas toe trek nie, kan ons darem die produkte van ons plase in die stad geniet. “As ek kon kies watter goed ek vir die res van my lewe reguit van die plaas af kon kry, sou dit varsgebakte brood van boermeel en ’n glas vars melk wees.”

Die plaaslewe

As jou mond teen dié tyd al water vir plaaskos en -kuiers, sal die lewenswyse op die plaas jou beslis aantrek.

“Die lewe is minder gejaag daar. Dis soms lekker om nie opvangs op jou foon te hê of ’n e-pos te kan stuur nie. Dít dwing jou om jou aandag aan belangriker dinge te wy en raak te sien wat rondom jou is.”

* Plaaskombuis begin op 14 September om 18:30 op die DStv-kanaal VIA. Moet dit nie misloop nie. Landbouweekblad en Landbou.com sal weekliks aankondig wat daardie spesifieke week se program behels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.71
-0.4%
Rand - Pond
20.20
+0.1%
Rand - Euro
17.61
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.49
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,717.72
-0.5%
Silwer
20.75
-1.5%
Palladium
2,314.50
-0.3%
Platinum
927.00
-0.7%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,918
+0.1%
Alle aandele
66,353
+0.1%
Hulpbronne 10
64,194
-0.6%
Industriële 25
80,336
+0.3%
Finansiële 15
14,150
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot