AFGRI
BEAN
31 Jan
-
9862,2
149,20
CORN
31 Jan
-
4655
45,00
SOYA
31 Jan
-
9425
-4,00
SUNS
31 Jan
-
11029,8
-192,20
WEAT
31 Jan
-
6782
51,00
WMAZ
31 Jan
-
4430,2
-51,80
YMAZ
31 Jan
-
4553
-52,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Enorme skade by inmaakvrugte oor Eskom

Die inmaakvrugtebedryf in die Wes-Kaap ly enorme skade oor beurtkrag.

Die landbou, een van die grootste werkverskaffers in veral landelike gebiede met sy groot komponent van seisoenwerkers, trek tans swaar aan beurtkrag en die gebrekkige voorsiening van elektrisiteit. Dit is veral die Wes-Kaapse inmaakvrugtebedryf wat enorme skade ly.

Mnr. Wiehahn Victor, uitvoerende hoof van die Inmaakvrugte Produsentevereniging, sê inmaakprodusente, wat tans met die inmaak van appelkose besig is, het 'n venstertydperk van slegs drie tot vier weke per jaar waarin hulle kan oes en werk kan verskaf. Ongeveer 2 000 ton appelkose word per dag deur inmaakfabrieke verwerk.

“Desember tot April is 'n kritieke tydperk waarin ons beurtkrag nie kan bekostig nie. Behalwe vir die enorme kostedruk vir produsente as prysnemers, is die huidige elektrisiteitskrisis besig om 'n oorlewingstryd te word vir die jaar wat voorlê,” sê hy.

Victor se in 'n nuusverklaring bederfbare produkte moet in 'n koueketting opgeneem word, en dié ketting is besig om onder geweldige druk te swig. Met meer beurtkragprobleme as in die verlede, is die uitwerking op byvoorbeeld Ashton en Tulbagh, waar die inmaakbedryf die grootste werkverskaffers is, geweldig negatief, sê Victor.

Die vrugte-inmaakfabrieke by Langeberg en Ashton neem in die piekseisoen sowat 6 000 werkers in diens en die Rhodes-fabriek in Tulbagh sowat 2 000 werkers. Sommige van hierdie werkers werk slegs vir hierdie drie weke van die jaar. Die huidige ekonomiese druk op die gemeenskap raak dus erger.

“Daarbenewens word die kwaliteit van vrugte wat in fabrieke verwerk word, ook nadelige geraak omdat die koueketting nie volhou word nie. Dit het weer 'n ongunstige uitwerking in die fabrieke en dus uiteindelike winsgewendheid en volhoubaarheid. Dit het weer 'n rimpelingseffek op die volgende jaar se inkomste waarvan die gemeenskap afhanklik is.

Die inmaakvrugtebedryf het prosesse wat nie net gestop en weer begin kan word nie. Sterilisasie van sekere verpakkingstoerusting neem 2 - 3 ure voordat produksie hervat kan word. Voor kragonderbrekings moet die fabrieke ook skoongemaak word om higiëniese standaarde te kan handhaaf. Gereelde kragonderbrekings maak dit bykans onmoontlik om die fabrieke enigsins aan te skakel.

Mnr. Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê die geweldige hitte van die afgelope paar dae maak dit ook nie maklik in terme van besproeiingsiklusse nie. “Kritiese besproeiing gaan as gevolg van beurtkrag verlore en kan nie weer ingehaal word nie. Saam met die kragonderbrekings en sensitiewe toerusting wat met besproeiing gebruik word, word toerusting en oesskade aangemeld wat 'n bykomende kostefaktor meebring.”

Opperman sê produksie-aanlegte wat soveel werk verskaf, moet beskerm word wanneer dit by elektrisiteitslewering kom. “Agri Wes-Kaap het 'n seisoenale produksieskedule aan Eskom verskaf en het die kragvoorsiener versoek om dit met die instel van beurtkrag in ag te neem. Eskom stel ons wel in kennis van wanneer beurtkrag toegepas gaan word, maar dié waarskuwings kom soms te laat. Wanneer ons fase 3 van beurtkrag binnegaan, het dit katastrofiese gevolge op al ons prosesse. Fase 2 hou alreeds enorme skade in,” sê Opperman.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-0.4%
Rand - Pond
21.51
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.23
+0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
997.13
-0.4%
Palladium
1,617.05
-1.2%
Goud
1,903.78
-1.0%
Silwer
23.10
-2.1%
Brent-ruolie
84.90
-2.1%
Top-40
73,485
-1.2%
Alle aandele
79,487
-1.0%
Hulpbronne 10
76,180
-2.3%
Industriële 25
101,948
-0.7%
Finansiële 15
16,236
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot