AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Ergste van kragkrisis kan nog voorlê

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan van der Merwe
Foto: Johan van der Merwe
Indien daar nie daadwerklike pogings aangewend gaan word om Suid-Afrika se kragkrisis aan te pak nie, gaan die huidige probleem ‘n vulletjie wees teen wat gaan kom.

Dit was die waarskuwing van mnr. Warrick Pierce, hoofnavorser verbonde aan die energiesentrum van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR).

Pierce was een van die sprekers op ’n geleentheid waartydens die WNNR sy navorsing rakende die voortslepende energiekrisis en die gevolge wat dit onder meer vir watervoorsiening inhou, bekend gestel het.

“Die regering en Eskom was tot dusver deursigtig wat betref die elektrisiteitskrisis, maar ons sien uit eie ervaring hoe dit al hoe erger word. Dit is ’n versterkingsiklus waarvan beurtkrag ’n simptoom is. Die eintlike kwessie lê daarin dat die verskaffing van elektrisiteit nie betroubaar genoeg is om in die vraag te voorsien nie. Waar daar in die verlede ‘n kapasiteitsprobleem was, het dit gelei tot druk om die ligte tot elke prys aan te hou. Dit het die bestaande infrastruktuur onder druk geplaas, wat tot onvoldoende onderhoud gelei het, met gevolglike stygings in onderbrekings wat die opwekkingsvermoë ernstig knou.

“Dit is dus nie net onvoldoende onderhoud nie, maar ook infrastruktuur wat al hoe ouer word, wat probleme gee.”

Hy het gesê Eskom se beplande instandhouding het oor die jare konstant gebly op 10% van die opwekkingsvermoë, maar onbeplande onderbrekings by kragsentrales het gedurende 2021 skerp toegeneem.

Onbetroubaarheid bly knelpunt

Hoewel Eskom teoreties genoeg opwekkingsvermoë het met 44 000 MW teenoor die absolute spitstydvraag van 35 000 MW bly die onbetroubaarheid van die kragsentrales ‘n knelpunt. “Dit is soos om ’n huurmotoronderneming met tien voertuie te hê, maar net vyf van hulle kan op ’n gegewe tyd loop. Jy het dus nie tien voertuie vir die vraag nie, maar aansienlik minder.”

Hy het gesê die gaping wat deur steenkoolkragsentrales gelaat word, word tot ‘n klein mate deur alternatiewe energie gevul, maar dat dit nie genoeg is nie. “Ons het wel gesien dat die totale vraag na elektrisiteit oor die jare afgeneem het, maar die afname van elektrisiteitsverskaffing deur steenkool is baie hoër as die afname in aanvraag en is een van die hoofredes vir die krisis.”

Oor die vraag wanneer beurtkrag dan sal eindig, het Pierce gesê daar is twee faktore. “Jy kan nie ‘n vallende mes vang nie. Dus sal ons eers moet wag om te sien wanneer die energiebeskikbaarheidsfaktore stabiliseer nadat dit in Desember verlede jaar die eerste keer ooit tot onder 49% gedaal het. Dit beteken dat minder as die helfte van Eskom se opwekkingsvermoë gedurende daardie tyd beskikbaar was,” het Pierce gesê. Tweedens sal ’n hele paar duisend megawatt se opwekkingsvermoë aan die kragnetwerk gekoppel word wat jare kan duur. 

Waterverspreiding verg ook elektrisiteit

Mnr. Odwa Badi, hoof- siviele ingenieur by die WNNR, gesê die hoë vlakke van beurtkrag eis ook sy tol op nasionale waterverskaffing. “Gemeenskappe lê oor die algemeen hoër as die hoofwaterbronne van die land en dus moet water gepomp word vir verspreiding. Met beurtkrag kan elektrisiteitstuwings hierdie pompe laat uitbrand, wat tot groot skade lei.”

Badi het ‘n voorbeeld genoem van ’n 50 kW-pompstasie wat uitgebrand het, en waarvan die skade R70 000 beloop het.

Die hidrouliese faktor, waar lug weens waterhamer pype laat lek, kan ook nie buite rekening gelaat word nie, terwyl voldoende elektriese kragtoevoer nodig is vir veiligheid rondom reservoirs en rioolaanlegte. “Laastens benodig die outomatiese instrumente wat watervlakke beheer en monitor, ook elektrisiteit om te verhinder dat reservoirs oorloop. Indien ons nie die nodige kragverskaffing kry nie, kan die reservoirs dan oorloop of nie die voldoende invloei bewerkstellig om reservoirs te hervul nie, met gevolglike waterprobleme.”

Onwettige koppelings en besproeiing

Badi het gesê onwettige koppelings en lekkasies speel ook ’n rol in die verlies van water. “Sowat 41% van ons water gaan verlore. Hiervan is 35% weens lekkasies. Dit verteenwoordig ’n verlies van 1 660 miljoen kubieke meter water, oftewel R9,9 miljard per jaar. Die bedrag is bereken op ’n koste van R6 per kubieke meter, maar die prys het intussen gestyg tot R8 tot R10 per kubieke meter.”

Oplossings waaraan die WNNR werk, is onder meer ’n toepassing om waterprobleme aan munisipaliteite te rapporteer en ’n program waardeur die WNNR boere bystaan om hul besproeiingspraktyke aan te pas. “Die landbou gebruik sowat 61% van die bruikbare water in die land, en hier kyk ons onder meer ook na besproeiingsoplossings vir verskillende gewasse om die beskikbare water doeltreffender aan te wend,” het Badi gesê.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.46
+0.4%
Rand - Pond
22.65
-0.0%
Rand - Euro
19.92
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.35
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
978.50
+0.6%
Palladium
1,382.49
-1.7%
Goud
1,941.47
+0.1%
Silwer
22.39
-0.1%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,479
+1.0%
Alle aandele
74,950
+0.9%
Hulpbronne 10
65,073
-0.9%
Industriële 25
101,310
+1.5%
Finansiële 15
15,360
+2.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry nie een vir baie woorde nie.
Moet my leer ken sodat ek hulle kan leer ken. Nie een vir baie woorde nie. Maar eerlikheid is n moet.
Leef, vergeet van gister, die lewe is kort
Ek is saggeaard, lewenslustig 'n Christen, spontaan met tye en ooo baaaaie verstrooid!!! Ek lief die buitelewe en die rustigheid. Mal oor die wind deur my hare en baie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot