AFGRI
BEAN
02 Des
-
9277,6
-87,40
CORN
02 Des
-
4549,6
-0,40
SOYA
02 Des
-
10490
72,00
SUNS
02 Des
-
10750
-136,00
WEAT
02 Des
-
6700
-45,00
WMAZ
02 Des
-
5080
-47,00
YMAZ
02 Des
-
4940
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Eskom-grond nou verhuur om krag op te wek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Eskom se Majubakragstasie tussen Volksrust en Amersfoort in Mpumalanga. Foto: Alani Janeke
Eskom se Majubakragstasie tussen Volksrust en Amersfoort in Mpumalanga. Foto: Alani Janeke
Eskom verhuur nou sy grond langs kragsentrales aan onafhanklike kragverskaffers om hernubare energie op te wek.

Die nutsmaatskappy het Vrydag vir die eerste keer in sy bestaan van amper ’n eeu huurkontrakte vir sy eie grond met vier onafhanklike verskaffers van energie onderteken.

Eskom het grond by twee kragsentrales in Mpumalanga, Majuba en Tutuka, beskikbaar gestel vir hierdie maatskappye om met hul eie finansiering hernubare energie op te wek en aan Eskom te verkoop. Hulle moet ook hul eie kliënte win.

Volgens mnr. André du Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, besit die staatsinstelling genoeg grond. Hy kan ongeveer 30 000 ha aan ander kragopwekkers beskikbaar stel. Volgens hom het hierdie stap dus geen impak op die staat se grondbalansstaat nie.

Volgens die eerste vier transaksies verhuur Eskom 6 184 ha aan die private ondernemings vir ’n tydperk van tussen 25 en 30 jaar.

Na verwagting sal hulle binne twee tot drie jaar aan die kragnetwerk gekoppel word ná finansiële verpligtinge afgehandel is, regulatoriese goedkeuring verkry is en sonering plaasgevind het.

Eskom sal kwartaalliks nuwe tenders aanvra vir die oorblywende beskikbare grond.

Eerste rondte

Die maatskappye wat in die eerste rondte suksesvol was, is HDF Energy South Africa, Red Rocket SA, Sola Group en Mainstream Renewable Power Developments South Africa.

Hulle moet nou hul eie omvattende uitvoerbaarheidstudies doen om te bepaal watter tegnologieë – wind, sonkrag en batteryopberging – op elke terrein toegepas kan word.

Volgens Eskom sal die presiese opwekkingskapasiteit eers bekend word sodra die studies voltooi is.

Die krag wat hulle opwek, sal elektrisiteit aan kliënte verkoop word met wie kragkoopooreenkomste aangegaan is. Die elektrisiteit sal deur die Eskom-netwerk versprei word, wat weer inkomste vir Eskom sal inbring.

Die maatskappye moet self hul finansiering en private beleggings bestuur en geen las op belastingbetalers of op Eskom plaas nie.

Eskom hoop die nuwe opwekkingskapasiteit sal druk op sy kragnetwerk kan verlig.

“Hierdie grondverhuringskontrakte kan R40 miljard se beleggings lok na ’n area wat tradisioneel staatmaak op steenkool vir elektrisiteitsopwekking. Hierdie stap, die eerste in sy soort, is ’n bewys van die oorgang na ’n laerkoolstofekonomie,” sê De Ruyter. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.43
+0.7%
Rand - Pond
21.40
+0.4%
Rand - Euro
18.37
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Goud
1,802.18
-0.1%
Silwer
22.73
-0.1%
Palladium
1,933.50
-0.6%
Platinum
1,044.00
-0.0%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,259
-0.9%
Alle aandele
74,384
-0.9%
Hulpbronne 10
74,195
-2.4%
Industriële 25
91,695
-0.5%
Finansiële 15
15,371
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie roman.
Is n aangename vriendelike mens met baie deernis", en baie''' liefdevol". Hou baie' van my rugby''' en mal oor musiek"...
Lekker kuiermaat
Ek dink ek kom maklik met die meeste mense oor die weg en het n baie goeie sin vir humor soms bietjie aweregs. .Ek is spontaan en het n goeie algemene kennis . EK hou van...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot