
Eskom is beveel om die 23 boere in die distrik Steynsrus in die Vrystaat te vergoed vir brandskade wat veroorsaak is deur kortsluitings van Eskom se toerusting.
Volgens Die Vryburger het die boere reuse-skade gely toe sowat 13 000 hektaar weiding weens kortsluitings afgebrand het.
Die Hooggeregshof het beveel dat Eskom die boere uitbetaal vir hulle skade. Die boere se totale eis beloop sowat R20 miljoen, maar die presiese bedrag sal nog vasgestel word.
Boomtakke het glo tussen die hoogspanningsdrade van Eskom gegroei, en is nooit verwyder nie. Sterk wind het vonke laat ontstaan wat die veldbrand veroorsaak het. Volgens die berig het boere al hulle weiding verloor, omheinings is beskadig, werktuie is vernietig en selfs diere het doodgebrand.
Bron: Die Vryburger.