
Die landbou kan deur ’n ernstige tekort aan diesel geraak word weens Eskom se volgehoue vraag na diesel vir sy oopsiklus-gasturbines by Atlantis.
Francois Williams van Die Burger skryf dit blyk asof die Chevron-raffinadery in Milnerton, Kaapstad, tans net die helfte van sy laaisone by die raffinadery vir kleinhandelaars en ander grootmaat-aankopers beskikbaar stel. Die ander helfte word gereserveer vir tenkwaens wat diesel na Eskom se Ankerlig-kragstasie by Atlantis moet aanry.
Verskeie ander diesel-kragstasies is as rugsteun in spitstye bedoel, maar die afgelope jaar werk hulle oortyd weens probleme by Eskom se steenkoolkragstasies.
’n Logistiekbestuurder by ’n groot dieselaankoper sê hulle het verneem daar is nou geen voorraad van diesel met ’n swaelinhoud van 50 dele per miljoen (50?dpm) by Chevron vir hulle beskikbaar nie. Die moderne oesmasjinerie gebruik die skoner 50?dpm-diesel en kan nie die 500?dpm-diesel gebruik nie.
Mnr. Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, het bevestig dit is tans moeilik om 50?dpm-diesel in die hande te kry. Hy meen die situasie is nog bestuurbaar, maar dit kan probleme inhou vir graanprodusente, wat besig is om te oes.
Lees Williams se volledige berig op Netwerk24.