AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Etanol voor deurbraak in Amerika

Die volgende groot deurbraak vir die etanolbedryf in Amerika is net om die draai, sê ? navorser.

Die Amerikaanse regering het die gebruik van etanol saam met petrol in 2006 verpligtend gemaak. Altesaam 98% van dié etanol word uit mielies gemaak. Wat het die afgelope 10 jaar met die etanol- en die mieliebedryf in Amerika gebeur en wat is die omvang daarvan?

Hoe verander mielies in etanol? In beginsel is dit dieselfde as om witblits of mampoer te stook. Die mielies word gefermenteer, wat die mielie-stysel eers na suiker en dan na alkohol omskep.  Daarna word die alkohol van die mielies afgekook (alkohol het ‘n laer kookpunt as die waterige mengsel waarvan dit deel is).

Dit is op die oog af 'n sinnelose proses, want een tipe brandstof (gewoonlik aardgas) word gebruik om 'n ander tipe brandstof te maak. ‘n Baie vereenvoudigde antwoord is dat die hoeveelheid energie in 'n hoeveelheid etanol meer is as die hoeveelheid energie van die aardgas is wat gebruik word om daardie hoeveelheid etanol te produseer.’n Baie vereenvoudige antwoord is dat die hoeveelheid energie in ‘n liter etanol meer is as die energie van die hoeveelheid aardgas wat benodig word om daardie liter etanol te maak.

Hoeveel etanol word gemaak?

Een ton mielies kan tans in 413 liter etanol én 295 kg dierevoer omskep word. In 2014 is ongeveer 54 miljard liter etanol (14 265 290 827 gallon) in Amerika geproduseer. In perspektief gesien, dit is 10% van die petrol wat in 2014 Amerika gebruik is.

Volgens die SA Petroleum Industry Association (Saipa) is in 2014 24,5 miljard liter petrol en diesel in Suid-Afrika verbruik.  Etanol-produksie in Amerika was dus meer as dubbel die verbruik van petrol en diesel saam in Suid-Afrika in dieselfde tyd.

Hoe het die bedryf oor 10 jaar verander? In 2006 is 18,5 miljard liter in Amerika vervaardig. In 2014 het dit tot 54 miljard liter gegroei.

Die doeltreffendheid van die bedryf het ook baie toegeneem (syfers van 1985 tot 2015). Die hoeveelheid etanol wat uit ‘n ton mielies gemaak word, het met 12% verbeter. Die hoeveelheid aardgas wat gebruik word om ‘n liter etanol te vervaardig, het met 36% verminder. Indien verhogings in opbrengs per hektaar bygewerk word, word nou 65% meer etanol per hektaar mielies vervaardig as in 1985.

Mieliepryse het vinnig gestyg ná die verpligte inmengingsperk, van VSA$2 per skepel tot ongeveer VSA$3 per skepel. In die daaropvolgende jare het die pryse tot meer as VSA$8 per skepel gestyg (nie net as gevolg van etanol nie, maar ook vanweë droogtes) en daarna geleidelik gedaal tot heelwat onder die huidige vlak van VSA$4 tans. ‘n Verdere effek was dat die hoeveelheid geld wat die Amerikaanse regering aan mielie-subsidies betaal het, dramaties verminder het.

Groot deurbraak

Die volgende groot deurbraak vir die etanolbedryf in Amerika is net om die draai. Vier nuwe kommersiële-skaal etanolfabrieke gaan gedurende 2016 in bedryf kom wat nie net mieliepitte nie, maar plante in die geheel na etanol omskep. Dit kan die doeltreffendheid hierbo genoem met baie veelvoude verbeter.

Dit wat ‘n paar jaar gelede na ‘n doodloopstraat gelyk het, het met veral die hulp van tegnologie verander in ‘n suksesverhaal.  As hierdie neigings voortduur, sal dit in die volgende paar jaar onnodig vir die staat wees om etanolverbruik verpligtend te maak, die prys teenoor ander mededingers sal dit ‘n ekonomiese keuse maak.

Wat van etanol uit mielies in Suid-Afrika? Seker die belangrikste verskil tussen die mieliebedryf daar en hier is dat Amerika altyd ‘n oorskot, m.a.w. teen uitvoerpariteit, produseer. Dit is net die grootte van die oorskot wat wissel. Hier wissel mielieproduksie tussen oorskot en tekort (in- en uitvoerpariteit).

Wat sou vanjaar met 'n etanol-uit-mielies-bedryf gebeur het? Sou so ‘n bedryf tot stilstand gekom het? Die 2015/’16- seisoen maak ‘n mens amper dankbaar dat daar nog nie so ‘n bedryf hier is nie.  Die ander kant is dat uitvoermielies in ‘n vorige jare plaaslik verwerk kon word en sodoende werkgeleenthede skep en buitelande valuta spaar.

Miskien lê die antwoord in ‘n industrie waar etanol uit plante, soos sorghum, gemaak kan word.

Bronne: http://www.ethanolrfa.org/

www.sapia.co.za

www.extension.iastate.edu

* Johann Strauss is 'n navorser by BVG Securities.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.05
-1.2%
Rand - Pond
19.81
-2.0%
Rand - Euro
17.60
-1.3%
Rand - Aus dollar
11.68
-0.4%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,655.11
-0.3%
Silwer
18.68
-1.2%
Palladium
2,206.50
+2.6%
Platinum
864.50
-0.2%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,846
-1.0%
Alle aandele
63,194
-1.0%
Hulpbronne 10
59,872
+3.4%
Industriële 25
76,622
-2.4%
Finansiële 15
13,665
-3.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
I Just love my life..... What about you....
I am a Lady with strong values in life. What you see is what you get. A plain Jane. Love the outdoor and try to make the best of each day. Elke nuwe dag is net geleen vir ons....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot