AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

EU gee raad oor voëlgriep

’n Afvaardiging van die Europese Unie het die volstruisbedryf besoek om die situasie rondom voëlgriep te bestudeer.

’n Afvaardiging van die Europese Unie het die volstruisbedryf besoek om die situasie rondom voëlgriep te bestudeer.


Luidens ’n mediaverklaring het die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK) met die ondersteuning van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, die hulp van kenners ingeroep om die situasie te monitor.


Lede van die SAVBK, werknemers van die departement, veeartse, boere en verskeie ander betrokkenes het ’n weeklange werksessie van die EU bygewoon.


Sedert April verlede jaar teister die H5N2-virus die bedryf en is ’n uitvoerverbod op volstruisvleis van krag. Die opheffing van die verbod is onlangs weer vertraag ná ’n uitbreking van die virus op ’n plaas binne die beheersone in die Klein-Karoo-vallei bevestig is.


Intussen verloor die bedryf maandeliks sowat R108 miljoen aan uitvoerinkomste. Lees meer oor die jongste uitbreking hier.


Herstruktuering

Die afvaardiging het die bedryf aangeraai om homself te herstruktureer vir volhoubaarheid. “Die grootste veranderings wat geïmplementeer moet word, is om die beweging van volstruise te beperk en strenger biosekuriteitsmaatreëls op plase in te stel. Die digtheid van volstruisbevolkings in sekere gebiede moet ook verminder word,” lui die verklaring.


Die span kenners het ook gesê die volstruisbedryf moet, met die samewerking van die Regering, ’n betroubare en volhoubare siektebeheerstelsel toepas om verdere uitbrekings van die virus te voorkom. Dít sal ook bydra tot die herinstelling van die bedryf se uitvoerstatus.


Die uitvoerstatus sal met handelsvennote in die EU bespreek word sodra die tekortkominge in die stelsel wat tans gebruik word, geïdentifiseer en reggestel is. “Dit is nie tans duidelik wanneer vleisuitvoer weer sal hervat nie,” sê die departement.


1 Maart 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.10
-0.1%
Rand - Pond
20.89
+0.1%
Rand - Euro
18.62
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.07
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Platinum
1,024.56
+1.3%
Palladium
1,669.70
+0.0%
Goud
1,914.88
+0.1%
Silwer
23.49
+0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,629
0.0%
Alle aandele
79,802
0.0%
Hulpbronne 10
74,686
0.0%
Industriële 25
102,624
0.0%
Finansiële 15
16,551
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot