Altesaam 48 lede van die Europese Parlementslede uit 19 lidlande het plaasmoorde op blanke boere in Suid-Afrika veroordeel.
Mnr. Mnr. Henk van de Graaf, assistent-hoofbestuurder van die TLU SA, sê ‘n is verklaring aan die Europese Parlement voorgehou waarin sterk beswaar gemaak is teen die vloedgolf plaasmoorde in Suid-Afrika, waartydens meer as duisend boere vermoor is.
In die verklaring is besondere kommer uitgespreek oor die nougesette wyse waarop plaasaanvalle beplan en uitgevoer word, en die Suid-Afrikaanse Regering is versoek om dringend maatreëls in te stel om die veiligheid van sy landbouers te verseker.
Dié verklaring volg nouliks ‘n maand nadat Van de Graaf ‘n vergadering in die Europese Parlement in Brussel toegespreek het. Hy het die problematiek en omvang van plaasmoorde verduidelik en gevra het dat desnoods persoonlike sanksies teen Suid-Afrikaanse regeringslui ingestel moet word as hulle nie die plaasmoorde daadwerklik wil aanspreek nie.
“Dit is duidelik dat plaasmoorde nou internasionaal aandag trek en dat die Regering dit nie langer onder die mat kan invee nie”, sê die TLU SA se hoofbestuurder, mnr. Bennie van Zyl.
6 Maart 2012