‘n Eendag-kursus oor dieresiektes op die plaas word op 22 Mei deur dr. Faffa Malan, bekende veearts, in Pretoria aangebied.
Die aanbied van die kursus is moontlik gemaak deur Africa Land-Use Training. Die boek, “Entstowwe en immunisering van plaasdiere”, geskryf deur drs. Jan du Preez en Faffa Malan, is deel van die kursusmateriaal.
Belangstellendes wat die kursus bywoon, kry sertifikate van bywoning na voltooing. Verdere inligting soos aanwysings na die plek, die volledige program en wat om te saam te bring, sal met bespreking verskaf word.
Voltooi die besprekingsvorm (in PDF-formaat hieronder) en faks dit na 086 531 6075. Vir meer inligting kontak die organiseerders by info@alut.co.za of 014 717 3819 (Vir aandag: Jolene).
Die kursus is by die Pretoria Botaniese Tuin en kos R650 per persoon. Middagete is ingesluit.
14 Mei 2012