AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Fair Cape Dairies is Meestersuiwelboer van die Jaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Johannes Loubser (middel) van Fair Cape Dairies by Durbanville is vanjaar die Landbounavorsingsraad (LNR) se nasionale Meestersuiwelboer van die Jaar. Van links is me. Joyene Isaacs, voorsitter van die LNR, me. Alma Loubser, Loubser se eggenote, Loubser, mnr. Pieter Loubser, Loubser se seun wat by die boerdery betrokke is, en dr. Litha Magingxa, voorsitter en uitvoerende hoof van die LNR. Foto: Johan Coetsee
Mnr. Johannes Loubser (middel) van Fair Cape Dairies by Durbanville is vanjaar die Landbounavorsingsraad (LNR) se nasionale Meestersuiwelboer van die Jaar. Van links is me. Joyene Isaacs, voorsitter van die LNR, me. Alma Loubser, Loubser se eggenote, Loubser, mnr. Pieter Loubser, Loubser se seun wat by die boerdery betrokke is, en dr. Litha Magingxa, voorsitter en uitvoerende hoof van die LNR. Foto: Johan Coetsee
Mnr. Johannes Loubser van Fair Cape Dairies, wat sy melkonderneming op die plaas Welgegund by Durbanville bedryf, is vanjaar weer as die Landbounavorsingsraad (LNR) se nasionale Meestersuiwelboer van die Jaar aangewys.

Hy het in 2015 en 2018 ook hierdie prestasie behaal. In 2012 was hy die Wes-Kaapse Meestersuiwelboer van die Jaar. Die LNR se spesiale toekenning vir innoverende ontwikkeling is ook vanjaar aan hom toegeken.

Hy het tans 1 283 Holstein- en Ayshire-koeie in melk met ’n gesamentlike produksie van 12 856 kg melk. “Langlewendheid is vir my ’n uiters belangrike seleksiedoelwit waarop ek konsentreer – hou ’n koei so lank moontlik in jou kudde vir goeie leeftydproduksie,” het hy op die toekenningsgeleentheid op Groot Phesantekraal buite Durbanville gesê. Daarby is koeigesondheid en vrugbaarheid die ander twee belangrike hoekstene in sy boerdery. “Langlewendheid bly egter vir my die belangrikste.”

Ander toekennings wat tydens die geleentheid oorhandig is, is die nasionale Kleinskaalse Meestersuiwelboer van die Jaar, wat vir die vierde agtereenvolgende jaar aan Zim Dairy (mnr. Nompe Zim), tussen Harrismith en Kestell in die Vrystaat, gegaan het. Mnr. Etienne Zeeman van Swellendam het die toekenning vir die nasionale kudde met die beste somatiese seltelling ontvang. Sy kudde se gemiddelde seltelling was 170 000/ml melk.

Die toekenning vir die nasionale kudde met die beste tussenkalfperiode het gegaan aan Tweekop Boerdery van mnre. Pieter en Arno Steenkamp en Dirk van Papendorp van Heidelberg (Wes-Kaap). Die kudde het ’n tussenkalfperiode van 370 dae.

’n Spesiale toekenning is vanjaar gemaak aan mnr. Peter Pentz van Grootte Post, Darling, vir sy lewenslange bydrae tot die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf.

Peter Pentz snr
’n Spesiale toekenning is vanjaar gemaak aan mnr. Peter Pentz van Grootte Post, Darling, vir sy lewenslange bydrae tot die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf. Foto: Groote Post

Die ander finaliste vir die toekenning as nasionale Meestersuiwelboer van die Jaar vir 2022 was JK Basson-familietrust (mnr. JK Basson) van Darling, die Rhodes Food Group (mnr. Jaco Swarts) van Simondium, JJ Nel-familietrust (mnr. Hannes Nel) van Ladismith, die Foundation Jersey Farm (mnr. Alan en me. Francis Webster) van Weenen in KwaZulu-Natal, en Robertson Broers (mnr. Gordon Robertson) van Karatara in die Tuinroete.

In die afdeling vir kleinskaalse boere was die ander twee finaliste vanjaar die Letsolo Poultry, Piggery and Dairy Farm (mnr. Christian Tsolo) van Sebokeng in Gauteng, en die Summerhill Farm (mnr. Gugulomuzi Ngcobo) van Donnybrook, Ixopo in KwaZulu-Natal.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.05
+1.1%
Rand - Euro
18.15
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,771.82
+0.2%
Silwer
22.19
-0.3%
Palladium
1,856.14
-1.1%
Platinum
991.00
-0.9%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot