AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9000
-16,00
CORN
05 Okt
-
4897
17,00
SOYA
05 Okt
-
9245
-20,00
SUNS
05 Okt
-
10203
-7,00
WEAT
05 Okt
-
7199,8
30,80
WMAZ
05 Okt
-
4947
31,00
YMAZ
05 Okt
-
4865
9,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Falcon se planne oor skaliegas skok

Falcon se soeke na skaliegas is 'n verrassing en skok vir Karooboere.

“Falcon sal maar weer moet dink – ons is nog lank nie klaar met ons aksies teen hidrobreking in die Karoo-kom nie.”

Dít is die reaksie van mnr. Jonathan Deal, hoof uitvoerende beampte van die Treasure the Karoo Action Group (TKAG) ná Falcon se aankondiging dat hy binnekort ‘n reeks vergaderings gaan hou om planne vir die eksplorasie van skaliegas in ‘n gebied van 30 000 km² van Aberdeen tot by Sutherland te bespreek.

Me. Doreen Atkinson, die sekretaris van die Karoo-ontwikkelingstigting (KOS) het haar stem by dié van Deal gevoeg. “Die proses van openbare deelname is uiters belangrik. Alle organisasies en individue móét daarvan kennis neem. Dit sluit die landbou, gesondheid, toerisme, besigheidsontwikkeling, vervoer en omgewingsbestuur. Die Karoo het nog nooit so ‘n uitdaging beleef nie.

“Ons weet nie wat die resultaat van die openbare deelnameproses sal wees nie – sal dit skaliegas kan stuit?  Óf sal dit ten minste die implementering daarvan vertraag? Dit is ‘n leerproses. Ons moet egter van meet af proaktief wees, en verstaan hoe die proses werk, sodat ons dit kan beïnvloed. Daar is geen ruimte vir apatie nie,” het Atkinson aan Landbouweekblad gesê.

Mnr. Barries Snijman van Vleikuil Boerdery, Rietbron, sê die aankondiging is ’n groot skok. “Met die skerp daling in oliepryse het ons gereken die maatskappye wat aansoek vir hidrobreking gedoen het eers hulle planne agterweë sou laat. Nou besef ons dit is ’n werklikheid waarmee ons sal moet saamleef. Dit skep groot onsekerheid. Ek benader dit egter met ’n oop gemoed en gaan op my regte as grondeienaar aandring.”

Snijman sê die boere van Rietbron sal almal die vergadering op 9 Februarie in die gemeenskapsaal bywoon. “As dit gaan oor die eksplorasie op ons grond, móét dit binne die riglyne van billikheid geskied. Ons sal die hulp van kenners inroep om ons te adviseer. Ons gaan nie toelaat dat hulle ons met mooipraatjies oorrompel nie. Ons grootste kommer is waterbesoedeling en hoe om jou boerdery voort te sit met ’n groot aantal voertuie wat oor jou plaas beweeg, die veld beskadig en hekke wat oopgelaat word.”

Mnr. Ernest Pringle, voorsitter van Agri Oos-Kaap, sê geen skriftelike onderneming is nog van die betrokke maatskappye ontvang dat die soeke ná én ontginning van skaliegas nié waterbronne sal besoedel nie. “Ons het ’n dokument met ons voorwaardes opgestel. Ons wil nie hê dat die Regering beide speler en skeidsregter moet wees nie. Daar moet onafhanklike waarnemers aangestel word en die betrokke maatskappye moet vir hulle dienste betaal. Hulle moet verkieslik aan akademiese instellings verbonde wees. Daar móét waarborge wees dat boere behoorlik vergoed sal word, sou besoedeling in enige vorm opduik,” het Pringle benadruk.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.73
-0.6%
Rand - Pond
20.22
+0.0%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.47
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,712.67
-0.8%
Silwer
20.67
-1.9%
Palladium
2,319.00
-0.2%
Platinum
924.50
-1.0%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,462
-0.6%
Alle aandele
65,911
-0.6%
Hulpbronne 10
63,505
-1.7%
Industriële 25
79,775
-0.4%
Finansiële 15
14,104
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot