AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Familieboerderye die pad vorentoe

Familieboerderye is die pad vorentoe, veral omdat die vraag na kos teen 2050 met 60% sal toeneem, sê rolspelers.

Aangesien familieboerderye oor die w?reld heen ’n belangrike rol speel in voedselproduksie vir verbruikers, groei en werksgeleenthede, het afgevaardigdes by ’n konferensie in België die belangrikste maatreëls uiteengesit wat 'n lewensvatbare en mededingende toekoms vir hulle kan verseker.

Volgens die sekretaris-generaal van Copa-Cogeca, mnr. Pekka Pesonen, sê familieboerderye is die pad voerentoe en omdat die vraag na kos teen 2050 met 60% toeneem, is belegging in hierdie sektor van kardinale belang. Dis ook vanjaar die Verenigde Nasies se internasionale jaar van familieboerderye.

Volgens mnr. Marco Marzano, uitvoerende direkteur van die World Farmers Organisation (WFO), moet boere van oor die w?reld heen kragte saamsnoer om volhoubare strategieë, wat berus op 'n uitruiling van ervaring en kundigheid, te ontwikkel. Konferensiegangers het saamgestem dat familieboerderye – in al sy gedaantes – ’n ekonomies vatbare en winsgewende onderneming moet wees.

Om te voldoen aan toenemende uitdagings soos hoë insetkostes, uiterste markonstuimigheid en veranderlike weerstoestande, het Copa-Cogeca en die WFO die volgende vereistes uiteengesit:

*’n Betroubare politieke raamwerk wat verseker dat familieboerderye toegang tot grond en natuurlike hulpbronne het en oor eiendomsreg beskik.

*Toenemende belegging in landbougerigte navorsing waar vernuwing aangemoedig word en kundigheid aan boere oorgedra word.

*Gunstige toestande moet heers vir produsente-organisasies soos agri-koöperatiewe wat dit vir boere moontlik maak om saam te werk om hulle produkte te bemark; verhoogde produksiewaarde vir 'n hoër omset en beter bestuur van uitermate onbestendigheid in die mark.

*Boere moet voldoende opleiding kry, praktiese ervaring op die plaas ingesluit, om vir hulle 'n mededingende toekoms te verseker.

*Die onvervangbare bydrae wat vroue by familieboerderye oor die wêreld heen lewer, moet erkenning geniet.

*Jong boere moet ondersteuning kry wanneer hulle aan die begin struikelblokke ervaar.

*Onbillike praktyke in die voedselketting moet aangevat word sodat boere 'n beter kans het om inkomste uit die mark te genereer.

*Familieboerderye moet toegang hê tot die internet en ander sosiale infrastruktuur in pas met die res van die samelewing.

*Dit is noodsaaklik om 'n dinamiese, moderne, veerkragtige landbousektor te hê wat aan familieboerderye 'n lewensvatbare toekoms kan verseker, aldus die twee organisasies.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.06
-0.6%
Rand - Pond
19.54
-0.8%
Rand - Euro
17.43
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.73
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,644.11
+0.0%
Silwer
18.87
-0.0%
Palladium
2,063.50
-0.5%
Platinum
865.50
+0.8%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons sien
Ek lewe vir die buitelewe en die bos. Ek hou van jag, visvang, herlaai en skiet. My uitkyk op die lewe is om altyd eerlik te wees. Ek geniet intelligente geselskap.
Ek wil weer in liefde glo
Ek is energiek, spontaan, lewenslustig, positiewe uitkyk op die lewe. Hou van buite lewe. Ek is ñ mense mens en is gek oor diere. Ek is saf van geaardheid maar baie ferm in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot