AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8985
35,00
CORN
07 Okt
-
4805
-13,00
SOYA
07 Okt
-
8800
40,00
SUNS
07 Okt
-
10630
150,00
WEAT
07 Okt
-
7207
-3,00
WMAZ
07 Okt
-
5058
-2,00
YMAZ
07 Okt
-
4945
-3,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

FarmDirect: Koop direk by boere op nuwe aanlyn platform

akkreditasie
Boere kan hul plase gratis op die aanlyn platform FarmDirect registreer en hul produkte laai.
Boere kan hul plase gratis op die aanlyn platform FarmDirect registreer en hul produkte laai.
Klante kan nou hul inkopies direk by boere doen op die nuwe aanlyn platform FarmDirect.

Klante kan nou hul inkopies regstreeks by boere doen op die nuwe aanlyn platform FarmDirect, wat met die samewerking van Landbouweekblad, die landbousagteware-maatskappy Agrista en die OENA-groep geskep is. Dit bied boere die geleentheid om hul produkte te bemark en terselfdertyd hul plase se unieke stories te vertel.

Mnr. Jaco Badenhorst, hoof van die OENA-groep, sê kos gaan vir baie mense oor ’n ervaring. Mense wil volgens hom deesdae ook meer oor hul kos weet. “Verbruikers wil weet waar hul kos vandaan kom, wie dit geproduseer het en hoe dit geproduseer is. Nou kry boere die geleentheid om daardie storie vir verbruikers te vertel.”Boere kan hul plase gratis op die aanlyn platform registreer en hul produkte laai. Met behulp van Landbouweekblad kan hulle die aanbieding van hul profiel en produkte aanlokliker maak.

Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad, sê dié gerekende publikasie, die enigste mediahandelsmerk ter wêreld met twee kostydskrifte, wil sy kundigheid gebruik om boere te help om hul produkte te verkoop en verbruikers toegang gee tot uitsonderlike produkte wat nie in supermarkte beskikbaar is nie.

Boerekos is die topverkoper onder kostydskrifte in Suid-Afrika en die eerste uitgawe van Country Cooking verskyn later vanjaar. Ons verstaan kos en wat mense opgewonde maak oor outentieke plaasprodukte.”

Die FarmDirect-platform word ondersteun deur Agrista se wêreldklas- Duitse sagteware. Op die platform kan verbruikers rondsnuffel tussen produkte en plase, en bestellings vir aflewering plaas.

Mnr. Helmut Drewes, uitvoerende hoof by Agrista, sê die doel is om vir boere ’n sakegeleentheid te bied. “Ons verbind boere regstreeks met verbruikers in hul omgewing. Daarby maak ons dit moontlik dat bestellings regstreeks op die platform geplaas kan word. Ons het op plase grootgeword en is deeglik bewus van die probleme wat boere ervaar om regstreeks aan verbruikers te verkoop.”

Badenhorst sê die feit dat 169 boere en 400 produkte reeds op FarmDirect geregistreer is, wys dat die platform reeds gewild raak onder boere.

FarmDirect bied reeds tuisaflewering in die Wes-Kaap en sal later landwyd aflewer.

Die Amerikaanse president John F. Kennedy het gesê boere is die enigste sakelui wat teen kleinhandelpryse koop, teen groothandelpryse verkoop en die vervoerkoste in albei rigtings betaal. “Ons wil dit met FarmDirect verander, en terselfdertyd uitsonderlike plaasprodukte op tafels landwyd plaas,” sê Burgess.

Kontak Theuns Venter, uitgewer van Landbouweekblad, by theuns.venter@media24.com of besoek FarmDirect by www.farmdirect.africa vir nog inligting.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.15
-0.3%
Rand - Euro
17.65
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,712.12
-0.0%
Silwer
20.76
+0.5%
Palladium
2,261.50
-0.0%
Platinum
932.00
+0.7%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,193
-0.4%
Alle aandele
65,550
-0.4%
Hulpbronne 10
63,540
+0.4%
Industriële 25
79,336
-0.9%
Finansiële 15
13,969
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
n Man opsoek na n maatjie
Ek is n Christen en soek n Christen maatjie. Ek leef eenvoudig, is baie lojaal en hou van vrede in my lewe. Ek is n introvert maar kan sosiaal wees as ek moet. Ek verkies...
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot