AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Feite nodig in landboudebatte

Landboudebatte moet op feite en nie op propaganda gebaseer word nie, aldus dr. Pieter Mulder.

Landboudebatte moet op feite en nie op propaganda gebaseer word nie, sê dr. Pieter Mulder, die adjunk-minister van Landbou, Bosbou en Visserye. Mulder het dít as een van die sektor se uitdagings vir 2011 gestel tydens ‘n boeredag op Christiana in Noordwes.

“Veralgemenings wat voorgee dat die verhoudings tussen kommersiële boere en hulle werkers sleg is, is totaal verkeerd en op propaganda-aannames gegrond. ’n Wetenskaplike navorsingondersoek wat deur professor Lawrie Schlemmer uitgevoer is, het bevind dat die verhoudings tussen boere en hulle plaaswerkers oorweldigend positief en harmonieus is. Dit is ook my persoonlike ervaring die afgelope twee jaar as adjunkminister waar ek baie plase besoek het,” sê Mulder.

Swak verhoudings

Mulder sê plaasmoorde is nie die gevolg van swak verhoudings tussen kommersiële boere en hulle plaaswerkers nie. “Die ondersoek na plaasaanvalle wat in 2003 gepubliseer is, het 2600 gevalle van plaasmoorde bestudeer.

Slegs 1,6% van hierdie gevalle het met arbeidsgeskille op plase verband gehou. ’n Swak verhouding tussen ’n fabriekseienaar en sy werkers, of ’n kommersiële boer en sy werkers, kan in elk geval nooit ’n moord regverdig nie”.

Me. Tina Joemat-Pettersson, die Minister van Landbou het Donderdag in die parlement gesê dat hulle ondervind dat baie plaasmoorde plaasvind weens swak verhoudings tussen boere en plaaswerkers. Kliek hier om dié berig te lees.

Groenskrif

Mulder het ook boere en georganiseerde landbou aangemoedig om hulle insette oor die groenskrif op grondhervorming asook die beoogde Wet op Verblyfsekerheid te lewer.

“Die feit dat die groenskrif nog nie gepubliseer is nie, dui daarop dat daar steeds gesprekke en debatte agter die skerms plaasvind. Boere en georganiseerde landbou moet aktief elke moontlike geleentheid om insette hieroor te maak, benut,“ sê Mulder.

28 Februarie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
-2.3%
Rand - Pond
21.07
-0.8%
Rand - Euro
18.88
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
973.57
-5.0%
Palladium
1,621.00
-2.9%
Goud
1,865.43
-2.5%
Silwer
22.34
-4.8%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons geniet ons geluk en vreugde saam.
Ek het n aangename en sterk persoonlikheid. Ek is n omgee mens wat altyd net die beste wil gee en doen. Ek het n goeie humorsin en is baie lief vir die natuur. Ek hou van goeie...
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot