AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Fetsa Tlala het nie eie begroting nie

Die gebrek aan hulpbronne strem die Fetsa Tlala-voedselprojek, maar die DA meen sulke programme moet ordentlik beplan word.

Die Fetsa Tlala-voedselsekerheidsprojek het nie sy eie begroting nie en daarom word geld van die omvattende steunprogram vir die landbou (Casp) gebruik om dit te finansier, het die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye gehoor.

Dié voedsekerheidsprojek, wat knap voor 2014 se algemene verkiesing in die lewe geroep was, was in omstredenheid gehul toe die DA die ANC daarvan beskuldig het dat hy die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye gebruik om sy verkiesingsboodskap uit te dra.

Pres. Jacob Zuma het die projek verlede Oktober bekend gestel. Die doel van die projek is om plaaslike voedselproduksie te bevorder en die afhanklikheid van invoer te verminder deur produksie teen 2019 op ’n bykomende 1 miljoen hektaar grond te bewerkstellig en daardeur 300 000 werkgeleenthede te skep. Altesaam R1,6 miljard is op medium termyn hiervoor begroot.

Me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, wou op ’n vergadering  van die portefeuljekomitee weet of die departement vir die projek beplan het toe die departement se besteding vir die derde en vierde kwartaal van die 2013-’14-boekjaar bespreek is. “Die departement het nie ’n teiken hiervoor gehad nie. Dit was nie deel van hulle program nie, dit is nie eens in hulle strategiese plan nie. Dit het sommer sy verskyning voor die verkiesing gemaak.”

Mnr. Joe Kgobokoe, adjunk-direkteurgeneraal vir voedselsekerheid en landbouhervorming by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, het gesê die departement het ’n plan vir die 2014-’15-boekjaar. Die teiken is dat 200 000 hektaar grond onder produksie geplaas moet word en daar is ’n plan vir die aantal hektare wat die onderskeie provinsies moet aanplant. In die vorige boekjaar is 149 000 hektare onbenutte grond regoor die land in produksie gebring.

“Wat die projek op die oomblik strem, is hulpbronne. Ons het nie ’n begroting vir Fetsa Tlala nie en daarom het ons Casp geheroriënteer om ons te help om op voedselproduksie te fokus, want voedselproduksie is belangriker as enigiets anders.”

Steyn het ná die tyd gesê dat die departement programme ordentlik moet beplan en nie net programme instel na gelang van die grille van politieke hoofde nie. “Dit is waarom daar nie vordering gemaak word nie.”

Sy het gesê sy sal mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, verantwoordelik hou vir sy uitsprake dat programme nie net gefinansier kan word en daar nie verantwoording is vir die geld wat daarop bestee word nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.04
+0.3%
Rand - Euro
17.63
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,712.70
-0.0%
Silwer
20.78
+0.6%
Palladium
2,266.50
+0.2%
Platinum
930.00
+0.5%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wie is
Ek leef vir God en sit als in Sy hande dan val alles self in plek. Het baie om te vertel en n vreeslike interessante storieboek, maar heeltemal te veel om te tik. My swakste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot