
'n Foto-album van 42 bladsye van die herfs-kommandowurm en die verwoesting wat dit saai, is opgestel deur Desiree van Heerden, tegniese gewasdeskundige van Syngenta Suid-Afrika. (Sien aanhangsel hieronder.)
Van Heerden skryf dat Suid-Afrika nie die enigste land is wat onkant betrap is nie. Lande soos Malawi, Namibië, Zambië en Zimbabwe het reeds groot oesverliese gely as gevolg van hierdie onbekende plaag. In Zambië is reeds sowat 130 000 ha vernietig.
“Tot dusver is die herfs-kommando wurm in sewe provinsies gerapporteer, nl. Limpopo, Gauteng, Noordwes, Mpumalanga, die Vrystaat en Noord- en die Wes-Kaap."
Mielies is voorkeur-gewas
Dit kan ook gewasse soos gars, koring, grondboontjies, gras en voergewasse en groente soos kool, spinasie en die soetrissies/peper-groep aanval. Mielies is egter die voorkeur-gewas, sê sy.
Baie min is bekend oor die plaag se gedrag in Suid-Afrika, baie vrae is nog onbeantwoord soos sal die mot eiers lê en aan beweeg om nuwe gebiede te beset, of sal velde weer geïnfekteer word deur 'n tweede generasie?
“Ons weet dat hulle baie sterk vlieërs is ongeveer 'n 1 000 km in 'n week kan aflê, ook dat hulle wind of lugstrome en weerpatrone tot hulle voordeel gebruik, maar hoe sal dit ons in Suid-Afrika raak? Sal die insekte uitsterf in koeler gebiede in die winter? Wat sal gebeur in ons warm gebiede soos die verre Noord waar dit nooit regtig koud word nie? Is weiding in gevaar? Sal die herfs-kommandowurm 'n sporadiese plaag wees wat net elke paar jaar uitbreek of sal dit een van ons gereelde mielies plae word? Hoe sal dit ons ekonomies raak? Sal die plaag slegs ná droogte volg of kan dit in sogenaamde normale jaar voorkom?”
Meer vrae as antwoorde
Meer vrae as antwoorde, maar agter die skerms spreek navorsers reeds van die kwellings aan. Universiteite soos Noordwes het reeds met navorsingsprojekte begin, asook die LNR, sê Van Heerden.
Lees ook: Gebruik dié middels teen kommandowurm
Boere word aangeraai om die CropLife SA databasis met gelyste insekdoders te besoek by www.croplife.co.za vir handelsname van produkte. Inligting is ook beskikbaar op die DAFF webblad www.daff.gov