
Die webwerf Nieusgrazer.nl berig dat ’n groep Franse boere belastingkantore sowel as versekeraars se persele in die stad Morlaix in die weste van Frankryf aan die brand gesteek het. Die protes was oor die boere se dalende inkomste weens laer groentepryse. Die groep van sowat 100 boere het ook hope groente soos artisjokke en blomkool gestort.
Premier Manuel Valls van Frankryk het die protesaksie veroordeel en beoog om die skuldiges te vervolg. ’n Invoerverbod van Rusland is een van die redes vir dalende groentepryse in Frankryk aangesien Rusland een van Franse boere se grootste afsetmarkte is.