
Die Franse kunsmismaatskappy Roullier het na vore getree om tot die redding van die beleërde Profert te kom.
Profert, eens Suid-Afrika se derde grootste kunsmismaatskappy, se finansiële ondergang word nou al die afgelope twee jaar wyd voorspel.
Die Land Bank, saam met ’n Chinese maatskappy een van twee aandeelhouers, moes verlede jaar na bewering noodgedwonge minstens R1,2 miljard aan ’n reddingsboei bestee. Sedertdien is hard en wyd na ’n koper gesoek om die Profert-boot weer te help vaar.
Redding
Roullier het nou pas aangekondig dat hy beoog om Profert oor te neem. ’n Reeks transaksies moet nog gefinaliseer word, en die Mededingingskommissie moet ook nog die ja-woord gee, lui die verklaring.
Roullier doen in 50 lande sake, en wil graag deur Profert ’n voetspoor in Afrika bewerkstellig. Hy spesialiseer veral in vloeibare kunsmisprodukte.