AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9367
11,00
CORN
30 Sep
-
4856
-12,00
SOYA
30 Sep
-
8760
35,00
SUNS
30 Sep
-
10161
-44,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4893,8
1,80
YMAZ
30 Sep
-
4570
11,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Gaan bure ons wit mielies opeet?

Kan uitvoere van wit mielies na ons buurlande, veral Zimbabwe, tekorte in Suid-Afrika meebring?

Suid-Afrika voorsien gewoonlik die meeste van sy buurlande van wit mielies. Hoewel behoeftes van jaar tot jaar verskil, is die oorgrote hoeveelheid wit mielies wat in die BLNS-lande (Botswana, Leshoto, Namibi? en Swaziland) verbruik word, uit Suid-Afrika afkomstig.

Die tydperk vanaf 2010/’11 tot 2015/’16 word in dié berig bespreek. Hoewel die term BLNS in die Mielieraad-tyd ontstaan het en nog steeds gebruik word, is dit nie meer heeltemal korrek nie. Naas Botswana was die meeste witmielie-uitvoere na Mosambiek (diepsee-uitvoere wat van tyd tot tyd plaasvind, word in berekenings uitgesluit).

Suid-Afrika voer jaarliks net minder as ’n halfmiljoen ton wit mielies na hierdie vyf lande uit. Wanneer witmielie-vraag-en-aanbod-skattings vir Suid-Afrika gedoen word, word die vyf buurlande se verbruik gewoonlik as deel van die verwagte vraag na wit mielies beskou en uitvoere na dié lande is nooit onverwags nie. ’n Grafiek van uitvoere na hierdie buurstate kan hieronder gesien word.

SAwitmieliesBuurlandeBVG

Die ander oorblywende aangrensende buurland, Zimbabwe, kry normaalweg min wit mielies van Suid-Afrika af en moontlike uitvoere daarheen is nie deel van vraagskattings nie. Daar is egter “uitskieter”-jare waar Zimbabwe heelwat wit mielies uit Suid-Afrika kry, soos wat in die volgende grafiek gewys word.

SAwitmieliesZimBVG

In 2013/’14 het Suid-Afrika ’n surplus wit mielies van meer as 2.5 miljoen ton gelewer en pryse het na uitvoerpariteitsvlakke gedaal. Wanneer pryse so laag is, koop lande wat nie gereelde klante van Suid-Afrika is nie, wel wit mielies hier.

Die droogte van die afgelope seisoen het veroorsaak dat Suid-Afrika rondom 800 000 ton wit mielies moet invoer, met binnelandse pryse wat tot meer as R5 000/ton gestyg het. Hoewel pryse op die oog af hoog is, voer Zimbabwe vanjaar (2016/’17-seisoen) konstant wit mielies uit Suid-Afrika in.

Invoere vir die eerste 21 weke van die seisoen het bykans 45 000 ton beloop (rooi staaf). Kan dit wees dat wit mielies uit Suid-Afrika, ondanks invoerpariteitsprysvlakke, steeds goedkoper as ander lande is, of dat dit logisties beter is?

Die groot vraag is hoeveel ton wit mielies Zimbabwe uiteindelik van Suid-Afrika gaan invoer. Idees hieroor wissel van ’n kwartmiljoen tot ’n halfmiljoen ton. Indien hierdie syfers realiseer kan dit die druk op Suid-Afrika se witmielie-invoerprogram heelwat verhoog.

Daar was, vandat die omvang van die hoeveelheid wit mielies wat Suid-Afrika vanjaar moes invoer bekend geword het, juis vrae oor die beskikbaarheid daarvan in die wêreld. Kan hierdie ekstra wit mielies na Zimbabwe veroorsaak dat daar vroeg in 2017 ’n tekort in Suid-Afrika se voorraad kan ontstaan?

Dit sal grootliks afhang van hoeveel wit mielies wat vroeg genoeg geplant is om vanaf Maart 2017 gelewer te word. Daar behoort nie ernstige tekorte te wees as daar voldoende vroe? wit mielies is nie. As daar nie is nie, kan die Zimbabwe-uitvoere dalk net die laaste strooi wees vir ’n groot witmielie-tekort.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.89
+0.4%
Rand - Pond
20.08
-0.6%
Rand - Euro
17.61
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.67
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,672.06
+0.7%
Silwer
19.16
+1.8%
Palladium
2,230.00
+1.1%
Platinum
879.00
+1.3%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,384
+0.8%
Alle aandele
63,674
+0.7%
Hulpbronne 10
60,754
+1.6%
Industriële 25
77,097
+0.4%
Finansiële 15
13,750
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
So sorts soos stoop
N ma Nuwe mense ontmoet Hier vir nou Hou van kook en kos maak Praat met my Wie weet wat wag Sien uit vir wat voorle Lus vir die lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot