AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Gaan Dow en DuPont saadpryse opjaag?

Die samesmelting van Dow en DuPont word in talle lande met kommer en teleurstelling bejeën.

Die megasamesmelting van die internasionale reuse Dow en DuPont, wat albei verskeie insetprodukte aan die Suid-Afrikaanse landboumark verskaf, is ook in Suid-Afrika goedgekeur.

Dít volg ná soortgelyke goedkeurings in onder meer Amerika, China, Brasilië en Europa in landbougeledere meestal kil ontvang is. Soos in die ander lande het Suid- Afrika se Mededingingskommissie sy goedkeuring van die samesmelting aan bepaalde voorwaardes onderwerp.

Voorwaardes

Dow moet onder meer 81 mieliebasterkultivars en sewe van sy oopbestuifde kultivars aan derde partye vir registrasie in Suid-Afrika beskikbaar stel. Dít behoort ander, kleiner mieliesaadprodusente in staat te stel om nuwe kultivars in Suid-Afrika beskikbaar te stel, en hulle toegang te bied tot Dow se kiemplasma elders ter wêreld, meen die kommissie.

Die kommissie vereis ook dat DuPont sy hele plaagbeheerbesigheid in Suid-Afrika verkoop. Die samesmeltingsproses, waarop die twee maatskappye al einde 2015 teen ’n transaksiewaarde van $130 miljard ooreengekom het, is in landboukringe skepties begroet, ook omdat dit deel van ’n reeks soortgelyke megasamesmeltings tussen internasionale insetverskaffers is.

Die Suid-Afrikaanse Mededingingskomissie het reeds die farmaseutiese maatskappy Bayer se oorname van die saadmaatskappy Monsanto goedgekeur, en ChemChina, ’n maatskappy in Chinese staatsbesit, het onlangs met die chemiese en saadverskaffer Syngenta saamgesmelt.

Kommer

Uit landbougeledere is daar kommer oor die uitwerking wat dié konsolidasie op insetpryse kan hê. Amerika se National Farmers Union het hul owerhede se goedkeuring van die Dow-DuPonttransaksie as ’n diep teleurstelling bestempel.

Die samesmelting van sulke maatskappye jaag boere se insetkoste op, en verlaag aanmoediging vir ander insetverskaffers om mee te ding, het die organisasie gesê. Ander kritici wys daarop dat Du- Pont naas Monsanto die wêreld se grootste saadmaatskappy is, en Dow die vyfde grootste.

Dié soort samesmelting word as ’n ernstige bedreiging vir diversiteit in kosproduksie wêreldwyd beskou. Ontleders wys daarop dat die Groot Ses tot dusver die wêreld se saad- en gewasbeskermingsbedryf beheer het.  Dit sluit BASF, Dow, Bayer, DuPont, Monsanto en Syngenta in. Ná al die beoogde samesmeltings afgehandel is, kan dié klub verklein tot net vier lede.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot