“Dit is baie hartseer dat boere dankbaar was om vanjaar 20% van hul normale waterkwota te kry,” sê me. Rienette Colesky, bestuurder van die Gamtoosbesproeiingsraad. Boere het in die vorige waterjaar slegs toegang tot 15% van hul normale water gekry. Die Kougadam het teen druktyd op 16,5% gestaan, teenoor slegs 4% ’n jaar gelede.
Dit is ook die eerste keer dat die Nelson Mandelabaai-metro se watertoewysing uit die dam meer is as dié aan landbougebruikers, sê Colesky. Die metro se watergebruik is met slegs 35% ingeperk, wat beteken die stad kry jaarliks 15 miljoen kubieke meter, terwyl boere, wie se watergebruik met 80% ingeperk is, jaarliks slegs 12 kubieke meter sal kry.
“Dit is vir ons om verskeie redes onaanvaarbaar.