AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Gas: Minister kry slae oor Wildekus

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Danie Vermeulen
Foto: Danie Vermeulen
Shell en Impact Africa mag nie met klankkanonne vir gas soek langs Suid-Afrika se Wildekus nie.

Die departement van minerale hulpbronne en energie het onwettig aan die petro-chemiese maatskappy Shell toestemming gegee om seismiese ondersoeke langs die Wildekus van Suid-Afrika te doen. Dít was die bevinding van die Oos-Kaapse regterpresident, regter Selby Mbenenge. Daarom het hy Donderdag die toestemming van die departement ter syde gestel.

Die saak is voor die hof gebring deur verskeie belangegroepe van vissersgemeenskappe tot nieregeringsorganisasies wat hulle op die klimaat en natuurbewaring toelê.

Die hof is gevra om die toestemming wat die departement aan Shell en Impact Africa verleen het om deur seismiese toetse vir gas en olie te soek, te hersien.

Sulke toetse word gedoen met hoëvolume-lugkanonne wat met gereelde tussenposes laefrekwensie-klankgolwe die seebodem inblaas terwyl dit agter ’n skip aangesleep word. Só word moontlike olie- en gasreserwes onder die seebodem geïdentifiseer en gekarteer.

Die hof het egter gevind dat die toestemming onwettig gegee is omdat daar nie voldoende konsultasie met die geaffekteerde gemeenskappe van die Wildekus was nie en dat die risiko van sulke aktiwiteite vir die plaaslike vissersgemeenskap nie na behore oorweeg is nie.

Die hof het ook gelas dat dit nie aanvaarbaar is om net met tradisionele leiers te konsulteer vir toestemming nie. Hy het dit duidelik gemaak dat geen wet tradisionele leiers die reg gee om omgewingsbesluite namens die mense in hul gebiede te neem nie.

Mbenenge het die departement ook oor die vingers getik en gesê die minister, mnr. Gwede Mantashe, kon by die vroeëre interdik deur regter Gerald Bloem in 2021 berus het, “... maar hy het besluit om hom eerder by Shell te skaar deur te weier om die prospekteerregte wat hy aan die maatskappy toegestaan het, te heroorweeg en om die interdik teen te staan.”

Luidens ’n verklaring deur die departement van minerale hulpbronne en energie neem die departement kennis van die hof se uitspraak. Die departement sal die uitspraak bestudeer en kommentaar daarop lewer ná konsultasie met sy regsverteenwoordigers.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Waarna soek jy
Hoekom is mense hier en kan aanlyn vir jou die antwoord wees Kom ons kyk, en nou kan mense in die boere taal gesels
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot