AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Gauteng-boere en Johannesburg-mark werk nou saam

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Verskeie verteenwoordigers van die waardeketting en die georganiseerde landbou ondersoek saam maniere om die Johannesburg-varsproduktemark te versterk. Foto: Lucille Botha
Verskeie verteenwoordigers van die waardeketting en die georganiseerde landbou ondersoek saam maniere om die Johannesburg-varsproduktemark te versterk. Foto: Lucille Botha
’n Samewerkingsooreenkoms tussen Agri Gauteng en dié mark is ’n nuutjie, volgens betrokkenes.

’n Vennootskap tussen die Johannesburg-varsproduktemark, Agri Gauteng en Agri SA hoop om meer van Gauteng se nuwe boerderytoetreders te lok en ook die diens wat die mark aan boere en die breër waardeketting lewer, te verbeter.

Mnr. Willie van der Schyf, hoof van plaaslike en internasionale verhoudinge by Agri Gauteng, sê só ’n ooreenkoms is nog nooit voorheen tussen die mark en die georganiseerde landbou gesluit nie.

“Dit is nuwe terrein wat ons betree met drie vennote, met ’n gesamentlike klem daarop om waarde tot die landbou en die voedselwaardeketting in Gauteng toe te voeg. Dit is ook ’n stuk werk wat verder uitgebou moet word, aangesien ons verskeie skeptici moet oortuig, terwyl ons die noodsaaklike rol van die landbou as volhoubare voedselverskaffer bly uitlig.”

Van der Schyf sê die mark posisioneer homself as die grootste mark in Afrika, met die visie om die doeltreffendste maniere te vind om varsprodukte te bemark. 

“Ons sit egter met die probleem dat al hoe meer groenteprodusente en nuwe toetreders tot die landbou kwessies met die mark ervaar. Dit sluit onder meer in infrastruktuur wat verval, maar ook kennis rakende die prysstruktuur op die mark en hoe om geleenthede te benut. 

“Vinnige verstedeliking in die provinsie beteken dat daar al hoe meer stedelike landbou plaasvind. Ons moet hierdie toetreders kan help om aan te pas en te besef dat die mark ’n werkbare bestemming vir hul produkte kan bied,” sê hy. 

Mededinging

Van der Schyf sê die mark besef ook dat hy nie meer die enigste aankoper van vars produkte is nie, en dus ook in dié arena sal moet meeding. 

“Verskeie boere lewer direk aan supermarkte en dus moet die mark maniere vind om na die produsent om te sien, terwyl hy die verbruiker en verbruikersorganisasies beter moet bedien.”

Van der Schyf sê die ooreenkoms is drieledig, met Agri SA wat na maniere sal kyk om die rol van die mark in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) verder uit te lig, terwyl Agri Gauteng na die provinsiale omgewing sal kyk. 

“Dit sluit ook in om saam met die mark ‘n beter diens aan groenteboere, nuwe toetreders tot die landbou en ook die heel groot produsente te bied. Ons wil ook die verspreidingsnetwerk wat die mark bied verder verstewig, veral gegewe die feit dat heelwat van die produkte van die mark af na elke land in die SAOG-streek gaan.”

Markagente

Die ooreenkoms beteken dat markagente beter ondersteuning kan verwag. 

“Die agente moet weet wat die prosedures op die mark is, hoe kommissiestelsels op mark werk en nuwe markagente moet opleiding en ondersteuning ontvang,” sê Van der Schyf.

Om al dié punte aan te pak, het die drie entiteite ’n forum gestig waarop die mark, Agri Gauteng, markagente en nuwe boere verteenwoordig word. Hulle sal prosesse bespreek, knelpunte identifiseer en só probeer om voedsellewering te verbeter.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.04
+1.1%
Rand - Euro
18.15
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,771.89
+0.2%
Silwer
22.21
-0.2%
Palladium
1,853.28
-1.3%
Platinum
992.00
-0.8%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot