
Melkboere in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap het binnekort die geleentheid om by Nieu-Seelandse spesialiste kennis in te win wat hul boerdery op die wenpad kan plaas.
Melkspesialiste van Nieu-Seeland sal van 23 tot 30 Maart werkswinkels aanbied waar hulle hul kundigheid en ervaring oor verskeie aspekte van dié bedryf met plaaslike boere sal deel.
Boere wat die werkswinkels wil bywoon, sal meer hoor oor die volgende onderwerpe:
• Winsgewindheid en die verlaging van produksiekoste.
• Dierevoeding: hoe om goeie besluite te neem wat op die wetenskap en navorsing gebaseer is.
• Die impak van die klimaat en omgewing op jou besluitneming.
• Faktore wat in ag geneem moet word vir die toekoms van jou kudde.
Sprekers sluit in dr. John Roche, ’n wetenskaplike in dierkunde by DairyNZ en ’n professor in dierkunde by Lincoln-universiteit in Christchurch.
Suksesvolle melkboere mnre. Dale en Colin Armer, wat hul boerdery 30 jaar gelede met 140 beeste begin het en in 2016 finaliste in Ernst & Young se kompetisie as Entrepreneur van die Jaar was, sal kennis uit hul ervarings as melkboere deel.
Werkswinkels is in Tsitsikamma op 23 Maart, Bedford op 24 Maart, Underberg op 28 Maart en by die Nottingham Road-hotel in die Natalse Middellande op 30 Maart.
Beperkte plek is beskikbaar. Diegene wat belangstel kan epos stuur na chris@genimex.co.za.