AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Gee jou mening oor grondwetgewing

Die publiek kry nou geleentheid om hul mening te gee oor die meer as 1 000 wette wat sedert die aanvang van demokrasie in die land deurgevoer is.

Meer as 1 000 wette is sedert die aanvang van die demokratiese bestel deurgevoer en nou kry die publiek die geleentheid om hierdie wetgewing te beoordeel.

Die onafhanklike wetgewende paneel wat die Parlement in die lewe geroep het om te bepaal of die wetgewing werklik hul doelstellings bereik het, sal nou openbare verhore regoor die land hou.

Die paneel van 17 hoogstaande landsburgers word deur oud.pres. Kgalema Motlanthe gelei. Daar word spesifiek gekyk na wetgewing rakende die driedubbele uitdaging van armoede, werkloosheid en ongelykheid; die skep van gelyke verdeling van rykdom, grondhervorming, restitusie, die herverdeling van grond en sekerheid van verblyfreg; en nasiebou en versoening.

Dr. Aninka Claassens, senior navorser by die Departement van Openbare Reg aan die Universiteit van Kaapstad, lei die subkomitee wat spesifiek kyk of die wetgewing rakende grondhervorming en die toegang tot grond suksesvol was om armoede en ongelykheid te verminder en wat die onbedoelde gevolge mag wees wat probleme vererger het. Die komitee kan wysigings vir wetgewing voorstel en dat sekeres nietig verklaar of verorden moet word.

Die paneel beoog om sy finale verslag in Augustus 2017 bekend te maak. Die openbare verhore sal in Augustus in die Oos-Kaap afskop. Dit sal in September in die Noord-Kaap en Vrystaat gehou word, Oktober in Kwazulu-Natal, November in Gauteng, vroeg Desember in die Wes-Kaap, in beide Limpopo en Mpumalanga in Januarie 2017 en Februarie in die Noordwes.

Geskrewe insette kan ook tot 20 Augustus na die paneel gestuur word. Die vrae wat die paneel wil hê beantwoord moet word, is:

  • Het die wetgewing die lewe beter gemaak en hoe?
  • Is daar problem met hoe die wette toegepas word?
  • Wat is die gapings in die wetgewing wat gevul moet word?

Skriftelike kommentaar kan gestuur word aan highlevelpanel@parliament.gov.za

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.89
+1.0%
Rand - Pond
20.19
-0.2%
Rand - Euro
17.55
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.5%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,677.04
+1.0%
Silwer
20.32
+6.8%
Palladium
2,233.50
+3.1%
Platinum
894.00
+3.4%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,804
+0.7%
Alle aandele
64,183
+0.7%
Hulpbronne 10
61,578
+2.2%
Industriële 25
77,528
+0.2%
Finansiële 15
13,797
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons deel
Het gesonde uitkyk op die lewe. Probeer gesond leef, fiks bly, stap, om buitelewe te verken en te geniet. binne. Hou van werskaf tuis, krap in die tuin. Sal graag my lewe wil...
Enkel mamma van n pragtige 4 jaar oue dogtertjie... Nie opsoek na iemand wat net wil games speel nie
Eks n baie eerlike en opregte mens hou nie daarvan as mense oor my loop nie. Ek se wat ek dink en voel draai nie doekies om nie. Eks wel op my plek En het n sagte hart
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot