AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Gee ons grond terug, eis LP van Lesotho

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Lesothogrens afgeneem vanaf die distrik Fouriesburg, met die Maluti-berge op die agtergrond. Foto: Willem van der Berg
Die Lesothogrens afgeneem vanaf die distrik Fouriesburg, met die Maluti-berge op die agtergrond. Foto: Willem van der Berg
Die wet wat Lesotho voorberei om dele van Suid-Afrika op te eis wat volgens politici aan dié bergkoninkryk behoort, gee ’n groot gefladder af, maar die kans op sukses lyk skraal.

Die aanspraak wat Lesotho op die Vrystaat en dele van vier provinsies van Suid-Afrika maak, spruit volgens politieke ontleders en landbou-organisies uit interne politieke woelinge.

’n Mosie is Maandag 12 Desember deur eerw. Tšepo Lipholo van die Basotho Covenant Movement (BCM) by die land se parlement ingedien waarin die hele Vrystaat, asook dele van die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Noord-Kaap ingevolge artikel 1(2) van die land se grondwet as deel van die Koninkryk van Lesotho verklaar word, in ooreenstemming met die Verenigde Nasies se Resolusie 1817 (XVII) wat deur die Algemene Vergadering op 18 Desember 1962 geneem is.

Die mosie sal in Januarie of Februarie  debatteer word, sê me. Neo Mokatsa, kommunikasiebeampte van die parlement. "Dit was veronderstel om vir ’n kennistydperk van drie dae te dien, maar die parlement het die 14de vir sy Kersfees-reses gesluit."   

Lipholo het volgens die aanlyn publikasie The Post gesê hy sal nie rus voordat die grense verander is nie. “Die Basotho behoort hul grondgebied terug te kry wat in die 19de eeu afgevat is.”

Hy is volgens dié berig die BCM se enigste parlementslid en dié party is die enigste een wat die herstel van Lesotho se sogenoemde geannekseerde gebiede ’n verkiesingskwessie gemaak het. Die parlement het 120 setels waarvan 40 indirek deur proporsionele verteenwoordiging aangewys word en die res deur direkte verteenwoordiging. Die land word op die oomblik deur ’n koalisie regeer nadat die nuutgestigte Revolution for Prosperity (RFP), wat die meeste stemme in die verkiesing van Oktober 2022 gekry het, nie ’n volslae meerderheid setels kon inpalm nie.

Staatkundige kwessie

Die voorgestelde mosie is dit ’n staatkundige kwessie wat deur Suid-Afrika se departement van internasionale betrekking en samewerking hanteer moet word, sê mnr. Janse Rabie, Agri SA se hoof van wetgewing en regsake.

“As Lesotho die saak verder voer, insluitend om dit na die Internasionale geregshof te neem, kan die hele proses baie jare duur. Internasionale grense word deur gewoontereg en internasionale verdrae gevestig, en in die geval van Lesotho en Suid-Afrika is hierdie grense lank reeds gevestig.”

Lesotho grondeis
’n Foto toon ’n uittreksel van die voorgestelde mosie wat by die parlement van Lesotho ingedien is om aanspraak te maak op dele van Suid-Afrika. Foto: Twitter

Rabie sê vanuit Agri SA se oogpunt sal die organisasie die saak “met belangstelling” dophou.

Op sy beurt het mnr. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), gesê VL neem kennis van die aangeleentheid, dis egter ’n internasionale aangeleentheid en dit sal ook daarom só gemonitor word.

‘Tiende provinsie’

Die voorgestelde mosie moet gesien word in die lig daarvan dat baie van Lesotho se burgers wat binne die grense van Suid-Afrika woon, begin vra dat Lesotho weer by Suid-Afrika heringelyf word, as ’n sogenoemde tiende provinsie, sê prof. Theo Venter, verbonde aan die skool vir besigheid en ekonomie aan die Universiteit van Johannesburg (UJ).

“Herinlywing is nie iets wat sommer gebeur nie, eerder die teenoorgestelde, soos Suid-Soedan wat sy onafhanklikheid van Soedan verkry het. Hierdie mosie is maar ’n oefening in nasionalistiese politiek in Lesotho.”

Hy sê Lesotho is ’n belangrike deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en om met Lesotho in geveg te tree oor eise vir grondgebied is in niemand se belang nie. “Suid-Afrika kan hom nie indink sonder die water wat van Lesotho af kom, veral ten opsigte van Gauteng nie. Die infrastruktuur-ontwikkeling in Lesotho is van strategiese belang vir Suid-Afrika en vir Lesotho.”

Die mosie maak geen melding van historiese gebeure soos die Verdrae van Thaba Bosigo en Aliwal-Noord wat in die 19de eeu ’n Britse protektoraat oor Basotholand afgekondig het en die gebied wes van die Caledonrivier aan die Vrystaat toegeken het nie. Volgens die webtuiste van die regering van Lesotho het die kolonie van Basotholand op 4 Oktober 1966 sy onafhanklikheid van Brittanje verkry met koning Moshoeshoe II as die heerser.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
One life.... Live it
Gemaklike persoon met beginsels en waardes. Te laat vir voorgee, ek is gelukkig in my eie vel en wat die lewe nog vir my inhou. Ek kan wissel van diep seun na baie sosiaal en is...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot