AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Geen groot daling vir wol voorsien nie

Wolpryse sal na verwagting oor die volgende paar maande afwaarts neig, maar kenners verwag nie groot dalings nie, sê mnr. Briers Bekker, voorsitter van Cape Wools SA, wat 'n konferensie van die Internasionale Woltekstielorganisasie (IWTO) in Spanje bygewoon het.

Die IWTO verteenwoordig die wolhandel en tekstielbedryf en vergader twee keer per jaar om die bedryf in oënskou te neem. 'n Deel van die konferensieprogram word aan produsente-sake afgestaan en mnr. Bekker is voorsitter van dié produsentegroep. Mnr. Izak van der Merwe, voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) het ook die konferensie bygewoon.

"Wol hoop tans in die vroeë verwerkingspyplyn op omdat spinners en wewers weerstand bied teen die huidige prysvlakke en traag is om bestellings te plaas. Dié wol sal eers weggewerk moet word voordat die mark kan stabiliseer. 'n Afwaartse regstelling op kort termyn is dus onvermydelik. Die verwagting is dat die daling nie meer as 10 % tot 15 % sal wees nie omdat die lae wêreldproduksie pryse sal stut," sê mnr. Bekker.

Wêreldwolproduksie het die afgelope 10 jaar feitlik gehalveer en is op sy laagste vlak in 50 jaar. Hy sê wol van 19 mikron en fyner (superfynwol uitgesluit) kan groter dalings toon omdat dié tipes geredelik beskikbaar is en ook die enigste kategorieë is wat na verwagting in 2003 'n produksiestyging sal toon. Boonop vrees die Australiërs dat die droogte wat in groot dele van dié land ondervind word, tot 'n toename van honger-fynwol sal lei.

Superfynwol het sy eie nismarkte en dié tipes sal hul eie prysvlakke vind. Daar is tekens dat nismarkte ook vir ander tipes wol begin ontwikkel namate vervaardigers meer gespesialiseerd raak. Een só 'n mark is vir ondergekartelde fynwol omdat dit groter rekbaarheid aan materiaal gee.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.85
+1.2%
Rand - Pond
20.16
+0.0%
Rand - Euro
17.56
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.5%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,690.52
+1.8%
Silwer
20.41
+7.3%
Palladium
2,247.50
+3.7%
Platinum
901.00
+4.2%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,850
+0.8%
Alle aandele
64,227
+0.8%
Hulpbronne 10
61,646
+2.4%
Industriële 25
77,524
+0.2%
Finansiële 15
13,816
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boerseun soek na liefde
Ek is a baie spontane ,liefdevolle mens hou van mense om mee te komenikeeren soek na die liefde van my lewe om saam my op die plaas te kan kom bly
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot