AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Geen korttermyn oplossings vir duur kos

Die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) meen daar is geen oplossings op kort termyn vir stygende voedselpryse nie. Dit is 'n wêreldwye probleem.

Só sê mnr. Jacob de Villiers, uitvoerende direkteur van die AHI. Hy het in Pretoria gesê benewens die feit dat Suid-Afrika op geen manier dié wêreldneiging kan fnuik nie, "het ons beklemmende interne aspekte wat plaaslike voedselinflasie dryf. Dit is 'n feit dat die rand se waarde teenoor die dollar die afgelope jaar met 18 % verminder het. Dit is ook 'n feit dat ons inflasiekoers hoër is as dié in mededingende lande." Die hoë voedselpryse kan nie aan produsente of die kleinhandel gewyt word nie. "Trouens, boere wil graag voedsel produseer, maar voorspellings van 'n moontlike El Niño, maak aanplantings riskant." Hy sê die Regering sal moet kyk na faktore wat binne sy beheer is, soos om invoertariewe te verlaag, en om die aanbodkant te prikkel deur belastingverligting aan boere te gee. Die Regering sal ook moet kyk na die doeltreffendheid van besteding, die land se mededingendheid, die regulerende omgewing en produktiwiteit oor die algemeen. Die AHI meen 'n toegespitste, omvattende program om inflasie te bestry, moet ernstig aandag kry, het mnr. De Villiers gesê. "Dit sal spanwerk van die ganse owerheidsektor verg om te slaag. Dit kan nie net die taak van die Reserwebank wees nie. Dit moet ook toegespits wees op wat elke minister en staatsdepartement kan doen om inflasie hok te slaan. Dit sal waarskynlik net kan slaag as die president die verantwoordelikheid aanvaar om die land se ekonomiese beleid doeltreffend te koördineer. Die private sektor sal sekerlik sy deel aan so 'n omvattende program wil bydra," het mnr. De Villiers gesê. Vroeër verlede week, het prof. Johann Kirsten van die Universiteit van Pretoria op 'n ekonomiese seminaar in Pretoria gesê metodes hoe voedselkleinhandelaars inflasie kan bekamp, behoort verder ondersoek te word. Prof. Kirsten, wat deel van die Regering se ondersoekspan na die oorsake van die huidige hoë voedselpryse was, het gesê die ondersoek kon geen antimededingende gedrag vind tussen deelnemers in die voedselvoorsieningsketting nie. Die skerp stygende pryse word hoofsaaklik aan buitefaktore, soos stygende internasionale graanpryse, die depresiasie van die rand en streekstekorte aan voedsel toegeskryf. Dit is moeilik om die werklike koste van kleinhandelaars te bepaal en meer vrae sal gevra moet word oor hul markkragte. Die kleinhandelvoedselmark word deur vier groot kettingwinkelgroepe oorheers, naamlik Shoprite Checkers met 'n markaandeel van 42,6 %, Pick 'n Pay met 28,9 %, Spar met 23,5 % en Woolworths met 5 %. Hy vind dit ook kommerwekkend dat groot kettingwinkelgroepe in tye van eskalerende voedselpryse, rekordverdienstes aankondig, soos Pick 'n Pay wat pas bekend gemaak het dat sy verdienste met 30 % gestyg het in die ses maande tot Augustus vanjaar. Intussen blyk dit uit voedselpryse wat deur Agrimark Tendense bekend gemaak is, dat die prys van 'n sakkie aartappels van 10 kg verlede week 'n hoogtepunt van R45 bereik het. Dit is 134 % hoër as die prys van R10,68 per sakkie verlede jaar in Augustus. 18 Oktober 2002
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.2%
Rand - Pond
19.28
+0.3%
Rand - Euro
17.29
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.8%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,631.00
+0.5%
Silwer
18.42
+0.4%
Palladium
2,070.62
+1.4%
Platinum
851.85
-0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief vir die lewe
Introvert. Dry sence of humor. [geskrap] Hou van buite lewe. [geskrap]Braai stap bos en see. Hou van land deur toer op n motorfiets[geskrap]
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot