
Voornemende jagters wat hul vuurwapens na en van Heathrow-lughawe wil neem, sal ’n ander lugredery as SAA moet kies.
Dié Suid-Afrikaanse redery het die hernuwing van sy lisensie om vuurwapens na en van Heathrow te vervoer met die Verenigde Koningkryk se polisie laat verval toe hy na 'n ander terminaal verhuis het. SAA sal dus nou eers vir 'n nuwe lisensie moet aansoek doen.
“Ons operasionele span in London werk nou saam met die polisie om die lisensieprobleem op te los, maar vir eers mag ons nie vuurwapens na en van London vervoer nie,” sê mnr. Danie Barnardt, hoof van regulatoriese aangeleenthede, kwaliteitsbeheer, opleiding en groep sekuriteitsdienste by SAA.