AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Geil mielie-oes verwag

Een van die grootste mielie-oeste in jare word verwag en dit kan verligting bring van die knap voorraadsituasie.

Gunstige groeitoestande en wydverspreide reën beloof een van die grootste Suid-Afrikaanse mielie-oeste in jare.

As die 12,4 miljoen ton mielies wat amptelik verwag word wel gestroop sou word, behoort dit groot verligting te bring van die knap voorraadsituasie wat ons markte al vir maande ry.

Die Nasionale Oesskattingkomitee verwag in sy jongste produksieskatting ’n totale kommersiële mielie-oes van 12,403 miljoen ton, waarvan 6,548 miljoen ton wit en 5,855 miljoen ton geel.

Die totale oesskatting is selfs ’n aks hoër as wat die mark verwag het. ’n Vooraf-opname deur die nuusdiens Bloomberg het gewys dat verhandelaars se gemiddelde verwagting van die jongste oesskatting eerder rondom 12,1 miljoen ton was.

Meer wit mielies
Die verwagte witmielie-oes is 18% meer as verlede seisoen se droogtegeteisterde oes, en die verwagte geel oes amper 5% minder as verlede seisoen se 6,145 miljoen ton. Die groter witmielie-oes is ondanks ’n inkorting in aanplantings. Die komitee skat daar is nou 1,531 miljoen ha onder wit mielies, teenoor die vorige seisoen se 1,617 miljoen ha.

Verwagte gemiddelde opbrengste is 4,28 ton per ha vir wit mileies, en 5,15 ton per ha vir geel mielies.

Vorige groot nasionale oeste was in 2010, toe 12,8 miljoen ton geproduseer is, en 2008, toe 12,7 miljoen ton afgehaal is. Die enigste vorige groter oes was in 1994, toe die totale oes 13,275 miljoen ton beloop het.

Die nasionale vraag-en-aanbodkomitee, wat sy ramings kort ná die maandelikse oesskatting bekend maak, voorspel nou ’n witmielie-eindvoorraad van net 246 806 ton op 30 April vanjaar, die einde van die heersende bemarkingsjaar. Dit is net genoeg vir 19 dae se verbruik.

As die oes wat nou op die lande is aan die verwagtinge voldoen, behoort dit egter ons plaaslike witmielie-voorraad teen 30 April 2015 amper te verdubbel het – tot 415 833 ton, wat darem 47 dae se verbruik verteenwoordig.

Die verwagte geelmielie-eindvoorraad op 30 April vanjaar staan nou op 255 131 ton (21 dae se verbruik), maar die komende oes behoort dit tot  460 831 ton op 30 April 2015 aan te vul, genoeg vir 39 dae se verbruik.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.21
-0.1%
Rand - Euro
17.60
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.45
+1.5%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,724.26
+1.4%
Silwer
21.03
+1.5%
Palladium
2,315.50
+4.1%
Platinum
933.50
+3.2%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir die lewe saam met sielsgenoot
Christen, Eerlik, opreg, liefdevol, omgee, rolbal ,stap, reis, baie goeie humorsin, intelligent, sing en fluit graag , koorsanger en solo, uiteet, dans. Grapjas
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot