AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Gemengde reaksie oor kabinetskommeling

akkreditasie
Dr. John Purchase. Foto: Verskaf
Dr. John Purchase. Foto: Verskaf
Die eerste reaksie oor kabinetskuiwe wat veral die landbou en grondsake raak, was nie baie optimisties nie.

Kenners meen egter van die skuiwe kan dalk net tydelik wees. Daar is ook sterk steun vir die gedagte dat die landbou en grondsake onder een minister tuishoort.

Dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die landbousakekamer Agbiz, sê hy is baie tevrede met die aanstelling van mnre. Nhlanhla Nene en Pravin Gordhan as ministers by onderskeidelik Finansies en Staatsondernemings, asook die klem om bekwame persone in die ekonomiese groep in die Kabinet aan te stel.

“Die aangestelde Kabinet is egter duidelik ook ’n kompromis-besluit. Terwyl ’n tiental ministers wél gepos is, is daar na ons mening verskeie ander ministers wat hulself gelukkig kan ag om weer aangestel te word, al is dit ook tydelik,” sê hy.

Purchase sê die aanstelling van me. Maite Nkoana-Mashabane as Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming is ’n groot verrassing en ’n mens sukkel om die rasionaal daaragter te verstaan. “Ons moet haar egter ’n kans gee en kyk of sy die diepgewortelde probleme en korrupsie in daardie departement doeltreffend kan takel.”

Hy meen die agteruit-sywaartse skuif van mnr. Sifiso Buthelezi na die pos van Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, is waarskynlik bloot tydelik. Die rasionalisering van staatsdepartemente, wat hopelik die samevoeging van die landbou met landelike ontwikkeling en grondhervorming insluit, asook die afskaffing van ’n klomp adjunkministers se poste is baie nodig. Dit is onwaarskynlik dat Buthelezi vorentoe baie betrokke sal wees.”

“Agbiz wens egter graag al die nuwe ministers baie geluk met hul aanstellings en ons vertrou dat konstruktiewe werksverhoudings gevestig kan word,” het Purchase gesê.

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, sê al het Buthelezi, ’n indrukwekkende ekonomiese agtergrond, is hy nie ’n bekende in die landbou nie. Met al die agterdog oor beweerde ongerymdhede toe hy by die aankoop van treinwaens by die Passasierspooragentskap (Prasa) betrokke was, sal daar moeilik ’n vertrouensverhouding gebou kan word.

“Ons glo egter daar sal weer skommelings kom en ’n samesmelting tussen die departemente van landbou en grondsake is moontlik ter sprake. Ek is in elk geval ten gunste van minder ministeries en dit is net logies om grondsake en landbou saam te voeg,” het De Villiers gesê.

Dr. Frans Cronjé, direkteur van die Instituut vir Rasseverhoudinge, sê die landbou is uniek met die twee betrokke ministers. “Eintlik behoort daar nie eens een te wees nie. Die landbou kan onder die Departement van Handel en Nywerheid val. Daar behoort net 12 tot 15 ministers in die Kabinet te wees. Navorsing wys hoe meer ministers ’n land in verhouding tot die bruto binnelandse produk het, hoe swakker is die regering.”

Cronjé is nie beïndruk met baie van die kabinetskeuses nie en glo dit is gerig op politieke oorweginge en nie om Suid-Afrika en die ekonomie te bevoordeel nie. “Ek het uit betroubare bronne verneem die Kabinet is vasbeslote om onteiening sonder vergoeding deur te voer – selfs nog voor die einde van die jaar en ongeag die skade wat dit sal veroorsaak. Daar is glo ’n siening dat ’n mate van skade aanvaarbaar sal wees om die politieke doelwitte te kan bereik.” 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
-0.2%
Rand - Pond
19.97
-0.1%
Rand - Euro
17.53
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.65
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,663.51
+0.2%
Silwer
18.89
+0.4%
Palladium
2,198.50
-0.3%
Platinum
861.50
-0.8%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,065
+0.3%
Alle aandele
63,416
+0.2%
Hulpbronne 10
59,346
-0.8%
Industriële 25
77,042
+0.4%
Finansiële 15
13,858
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
So sorts soos stoop
N ma Nuwe mense ontmoet Hier vir nou Hou van kook en kos maak Praat met my Wie weet wat wag Sien uit vir wat voorle Lus vir die lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot