AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Geniet fees in 'Hart van Windhoek'

As jy dink verlede jaar was Huisgenoot, susterstydskrif van Landbouweekblad, se Hart van Windhoek-fees lekker, gaan jy dit vanjaar dubbel en dwars geniet.

As jy dink verlede jaar was Huisgenoot, susterstydskrif van Landbouweekblad, se Hart van Windhoek-fees lekker, gaan jy dit vanjaar dubbel en dwars geniet. Dit word vanjaar op 16 en 17 September op die Doc Jubber-hokkievelde, Olympia in Windhoek aangebied.


Nie net span meer as 35 kunstenaars saam om vermaak van die boonste rak te verskaf nie, die internasionale sangsensasie Westlife kom die hele pad van Ierland om besoekers op Vrydag 16 September te vermaak.


“Ons is baie opgewonde oor vanjaar se fees,” sê Willem Breytenbach, hoofbestuurder van Media24 se Weeklikse Tydskrifte. “Vanjaar is groter en beter as verlede jaar. Veral Westlife gaan die skares lok.”


Dit is die tweede jaar dat Huisgenoot die Hart van Windhoek-fees saam met Hilltop Live aanbied. FNB Namibia, kykNET, Tafel Lager en Shoprite en Checkers span ook saam om dit ’n treffernaweek te maak. Shoprite en Checkers sorg vir ’n kos-terrein met allerhande koskraampies sodat almal kan smul aan egte Windhoek-kos.


Die finaliste van Shoprite en Checkers se Namibiese boereworskompetisie sal mense 'n voorsmakie gee van hul wenresepte. Die boereworskampioen stap met ’n motor van R100 000 weg.


Tafel Lager is die amptelike koue goue van die fees en sal sorg vir meer as 100 meter-kroegruimte, tewyl FNB finansiële dienste bied asook die Windhoek het Talent-kompetisie aanbied.


Hier kry feesgangers die kans om hul talente voor duisendes te wys. KykNET sal dinge op kamera vaslê en kinders kan uitsien na ’n lykNET-kinderplek met speletjies, springkastele en hul gunsteling-TV-karakters.


Benewens Westlife kan mense uitsien na optredes deur Romanz, Nianell, Kurt Darren, Theuns Jordaan, Charlize Berg, Heinz Winckler, Charné, Kobus Muller, Viljoen Retief, Adam Tas, Wicus van der Merwe, George Meiring, Adam, Snotkop, MoniQue, Jay, Bongi, Corlea, Melissa van der Spuy, Broers, Lee Scott, Die Heuwels Fantasties, Nicholis Louw, David Fourie, Dewald Louw, Sorina – die Flooze, Karlien Husselman, Freshlyground en die Namibiese kunstenaars Ludik en Pieter Naudé. Hou die Hart van Windhoek-Facebook-blad dop om deel te neem aan die SMS-kompetisie om te sien wie die res van die Namibiese kunstenaars gaan wees.


As jy van ver af kom om die fees by te woon, benut die Huisgenoot-reisklubpakket na Windhoek. Die pakket sluit retoervliegkaartjies, verblyf en toegang tot die fees in. Vir nog inligting bel 011-886-9545 of stuur ’n e-pos aan huisgenoot@megatrav.co.za.


Kaartjies vir die feesterrein is beskikbaar by Computicket in jou naaste Shoprite en Checkers teen N$205 vir Vrydag (sluit toegang na die Westlife-konsert in) en N$120 vir Saterdag. Kaartjies by die hekke sal beskikbaar wees teen N$250 vir Vrydagaand en N$150 vir Saterdag. Bespreekte parkering is beskikbaar teen N$30 per dag.


Verhoogde veiligheidsmaatreëls bepaal dat daar vanjaar geen koelbokse, stoele of sambrele toegelaat word nie. Net drankies wat in ’n plastiekhouer is, sal buite die kroeggebied toegelaat word.


Besoek www.hartvanwindhoek.com vir nog inligting.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.04
+1.1%
Rand - Euro
18.15
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,771.89
+0.2%
Silwer
22.21
-0.2%
Palladium
1,853.28
-1.3%
Platinum
992.00
-0.8%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot