Die jongste verslag oor die internasionale aanbod en voorraad van landbouprodukte het ’n gevaarlig laat begin flikker oor die wêreld se graan.
Die Amerikaanse regering se jongste verslag oor die aanbod en voorrade van landbouprodukte het ’n gevaarlig laat begin flikker oor die wêreld se graan.
Mielies en koring se verwagte wêreld-eindvoorrade is met onderskeidelik 3,2 miljoen ton en 2,2 miljoen ton verlaag.
Laer mielie-opbrengste
Dié Amerikaanse verwagte mielie-eindvoorraad is tot 827 miljoen skepels verlaag − heelwat onder die kritieke vlak van 1 miljard skepels. Dié verlaging is vanweë laer as verwagte mielie-opbrengste in dié land weens ongunstige weer in Junie en Augustus.
Die Amerikaanse eindvoorraad is nou op sy laagste vlak in 15 jaar en verteenwoordig ’n besonder lae 6% van verwagte verbruik. Daarom is die verwagte gemiddelde plaasprys vir Amerikaanse mielies hierdie seisoen ook tot die hoogste seisoensgemiddelde in die geskiedenis verhoog. Dit behoort tussen $4,80 en $5,60 per skepel te wees, meen dié regering se landbou-ekonome.
Mnr. Wessel Lemmer, ekonoom van Graan SA, wys in sy daaglikse markverslag (op www.grainsa.co.za) daarop dat winterkoringtoestande in Amerika nou die swakste in nege jaar is. Hy meen die weer gaan ook van nou af ’n al hoe groter rol in die mielieprys begin speel.
15 November 2010