AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Gevolmagtigdes vir inspeksies: Wigte en teenwigte nodig

akkreditasie
Foto: Lourens van der Linde
Foto: Lourens van der Linde
Volledige uitkontraktering, soos gebeur met inspeksiedienste vir sekere landbouprodukte, is nie die enigste moontlike oplossing wanneer ’n staat nie voldoende kapasiteit het om dienste te lewer nie, sê mnr. Theo Boshoff, uitvoerende hoof van Agbiz.

’n Studie deur die Wêreldbank toon dat baie ontluikende ekonomieë se state nie alle dienste self kan lewer nie en sommige van hul funksies uitkontrakteer, het Boshoff op ’n Agbiz-mediadag gesê.

Die studie toon dat ander lande die dienste uitkontrakteer na ondernemings in staatsbesit, staatsinstellings, organisasies sonder winsbejag, akademici, universiteite en plaaslike en buitelandse konsultantfirmas. “Private winsgedrewe maatskappye, wat volle uitkontraktering behels, is heel aan die einde van die spektrum.”

In Suid-Afrika het die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling egter ’n sprong tot by dié einde gemaak en gevolmagtigdes vir inspeksiedienste aangestel, wat in sekere bedrywe baie probleme veroorsaak het.

“In ons gesprekke en beredenering met die departement tot dusver, wat aanstaande jaar sal voortgaan, benadruk ons dat daar verskillende moontlikhede is om kapasiteit te bou. ’n Mens hoef nie outomaties na volle privatisering te spring nie, want dit kan onbedoelde gevolge hê.”

Balans nodig

Boshoff sê daar is baie wetgewing wat voorsiening maak vir die uitkontraktering van kern-staatsfunksies na derde partye, maar die sukses daarvan hang af of ’n delikate balans tussen ’n styging in koste teenoor ’n toename in doeltreffendhede gehandhaaf kan word.

Bedrywe het tot dusver die aanstelling van gevolmagtigdes baie verskillend ervaar. In sommige bedrywe het die dienste wel ’n bemagtigende rol vervul.

“Agbiz se benadering is dat ’n mens sulke gevolmagtigde inspeksiedienste as óf ’n bedreiging óf ’n geleentheid vir ’n openbare-private vennootskap kan beskou. Ons kyk na alternatiewe maniere om kapasiteit te skep wat nie so ver gaan as om funksies heeltemal uit te kontrakteer aan entiteite met ’n winsbejag nie. Dit sluit in die sekondering van personeel en diensvlakooreenkomste tussen onafhanklike instellings en die staat.

“Dit is noodsaaklik dat die wetgewing vir ’n paar opsies voorsiening maak, insluitend gevolgmagtigdes en delegering van gesag na instellings of persone buite die diens van die staat, maar onderworpe aan streng maatreëls.”

Basiese beginsels

Me. Annelize Crosby, hoof van regsintelligensie by Agbiz, en mnr. Wessel Lemmer, hoofbestuurder van Agbiz Grain, het vanjaar veral ten opsigte van die graanbedryf met die departement saamgewerk om basiese beginsels vir inspeksiedienste op te stel. Hierdeur kan basiese reëls neergelê word om ’n billike proses te verseker.

“Dit is ’n uitstekende voorbeeld van die ontwikkeling van ’n openbare-private vennootskap en ons gaan dit aanstaande jaar voortsit.”

Boshoff sê Crosby was ook baie betrokke by die wysigingswetsontwerp op landbouprodukstandaarde, waar remme en teenwigte ingebou is om seker te maak die tariewe wat gevolmagtigdes instel, is nie buitensporig nie. Mededinging tussen sulke diensverskaffers is noodsaaklik, tot voordeel van landboubesighede en verbruikers.

Vennootskappe ál belangriker

Boshoff sê strategiese vennootskappe word in die algemeen ál belangriker in die landbou. Agbiz is op verskeie platforms betrokke en onder meer deel van besigheidseenheid Suid-Afrika (Busa) en só ook van Nedlac.

Veral landboubesighede in landelike gebiede het groot probleme. “ ’n Instaatstellende omgewing verg soveel meer as bloot goeie beleid en wetgewing, dit gaan in wese eintlik oor dienslewering.”

Agbiz en die breër sakegemeenskap spits hulle daarop toe om maniere te vind om kapasiteit op plaaslike owerheidsvlak te bou, sodat dienslewering verbeter kan word.

Boshoff sê een manier is om deur werksessies ’n platform te skep waar beste praktyke gedeel kan word. Só het die organisasie vanjaar ’n energiewerksessie aangebied waar inligting gegee is oor hoe eie energie opgewek kan word.

Aanstaande jaar wil Agbiz aandag gee aan innoverende maniere waarop maatskappye hulself teen onbestendigheid kan buffer en sal hiervoor put uit die ervaring van landboubesighede wat die plundery in KwaZulu-Natal beleef het, asook die lesse wat die padvragbedryf al deur ontwrigting geleer het.

“ ’n Magdom probleme staar die landbou in die gesig. Openbare-private vennootskappe is dié manier om dit aan te pak, dit is die beste manier waarop ’n mens kan oorleef.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot