AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Geweld in Mosambiek kol-kol

“Mosambiek is ’n land met baie potensiaal, maar dit is in ’n slegte toestand.”

Die geweld in Mosambiek is tot sekere gebiede beperk en raak nie noodwendig Suid-Afrikaners met landboubelange daar nie. Die swak ekonomiese omstandighede plaas egter ’n demper op beleggings. Mnr. Dirk Hanekom, uitvoerende hoof van Agri All Africa, sê die geweld is hoofsaaklik in die sentrale dele van die land.

Hy weet van een Suid-Afrikaanse boer wat geraak is: ’n Wildsboer op wie se plaaswerkers geskiet en eiendom gestroop is. “Boere en ander sakelui wat produkte wil vervoer, kan nie snags ry nie. Hulle moet in konvooie met militêre begeleiding ry,” sê Hanekom.

Mnr. André Goosen, ’n landboukonsultant vir NPK Agri, sê die probleme is hoofsaaklik naby die Sawerivier. Sowel hy as Hanekom sê buiten dié gebiede is Mosambiek, wat misdaad betref, steeds veiliger as Suid-Afrika. Goosen is betrokke by die ontwikkeling van die nie-regeringsorganisasie JAM International se plaas by Vilanculos, waar hulle voedsel en saad gaan lewer en ’n landboukollege vestig.

Swak regering

Dr. Martyn Davies, Deloitte en Touche se besturende direkteur vir ontluikende market in Afrika, sê die huidige Frelimo-regering het nie ’n behoorlike administrasie-stelsel om behoorlike dienste aan die bevolking te lewer nie.

“Mosambiek moes, soos ander Afrika-lande aan die Indiese Oseaan, die voordele van hoë groei in bruto binnelandse produk ervaar het. Sy swak finansiële en ekonomiese bestuur, om nie eens te praat van sy oënskynlike onwilligheid om korrupsie in toom te kry nie, verhinder egter dié land se ontwikkeling.

“Mosambiek het uitstekende geleenthede om te ontwikkel: Dit behoort sterwende staatsbates te privatiseer, broodnodige infrastruktuur te bou, ’n veilige bestemming te skep sodat toerisme kan floreer, en die landbousektor te kommersialiseer.” Davies sê die regerende party kry dit nie reg om ’n oorgang te maak van ’n omgewing wat Marxisties en anti-kapitaal is na een wat pro-kapitaal is nie. Dit beperk handelsvooruitsigte en maak dit ál moeiliker om geld uit die land te kry.

Geen nuwe belegging

Mnr. Chris Schutte, uitvoerende hoof van die pluimveeprodusent Astral, het onlangs met die bekendmaking van dié groep se halfjaarresultate gesê “Mosambiek is tegnies bankrot. Ons kan nie ons dividende uit die land kry nie. Dit is ’n land met baie potensiaal, maar dit is in ’n slegte toestand.”

Astral se bedrywighede daar is erg deur die swak wisselkoers en markvraag benadeel. Die groep gaan sy bedrywighede aanpas om potensiële verliese te beperk en beplan op kort tot mediumtermyn geen verdere beleggings daar nie. Hanekom sê dit is noodsaaklik dat Suid-Afrikaners se sakeplanne die opheffing en ontwikkeling van plaaslike kleinboere en gemeenskappe insluit.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.98
+0.1%
Rand - Pond
20.09
+0.0%
Rand - Euro
17.63
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,712.57
-0.0%
Silwer
20.78
+0.6%
Palladium
2,267.19
+0.2%
Platinum
925.43
0.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wie is
Ek leef vir God en sit als in Sy hande dan val alles self in plek. Het baie om te vertel en n vreeslike interessante storieboek, maar heeltemal te veel om te tik. My swakste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot