AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Gidsprojek: Bosbou bied grond, gemeenskap gee stikstof

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die gemeenskap plant as deel van 'n proef tans ook mielies tussen die plantasies. Foto: Verskaf
Die gemeenskap plant as deel van 'n proef tans ook mielies tussen die plantasies. Foto: Verskaf
’n Projek waardeur gemeenskappe toegelaat word om peulgewasse op plantasiegrond te plant, is so suksesvol dat dit nou uitgebrei gaan word.

Mnr. Norman Dlamini, direkteur van sake-ontwikkeling by Forestry South Africa, het in ’n paneelbespreking op Agri SA se jaarkongres in Pretoria gesê die peulgewasse herstel die stikstof in die grond en verlaag só die behoefte aan kunsmis.

Die gemeenskapslede haal ook onkruid uit sodat die peulgewasse beter kan groei. “Die projek is wedersyds voordelig,” sê Dlamini.

Die bespreking was oor die rol van waardekettings in voedselsekerheid en Dlamini het gesê dit is ’n noodsaaklike deel van die waardeketting om iets besonders te doen om plaaslike mense te help.

“As ’n mens die regering wil oortuig van die belangrikheid van ons bedryf en waardeketting, moet ons wys dat ons omgee vir die plaaslike mense en werkers.

“Die werker op die melkplaas kan nie ’n liter melk in die winkel bekostig nie. Die werker op die groenteplaas kan nie groente in die winkel bekostig nie. Maar ons het plek waar ons werkers kan toelaat om hul eie groente te plant. Miskien moet ons hulle toelaat om dit vir ’n liter melk te ruil.

“As ons intensiewe kommersiële landbou ten koste van bestaanslandbou benadruk, sal mense arm en honger wees.

“Ons plaas soveel klem op kommersiële waardekettings. Wanneer ’n mens met die regering praat, sê hulle hulle wil nie met jou praat nie, want al waaroor jy bekommerd is, is jou wins. Miskien moet ons as bedrywe in die waardekettings iets innoverend doen, sodat iemand anders wat in die maatskaplike ekonomie van die plaaslike persoon belang stel, ons ernstig kan opneem.”

Dlamini het ná die tyd aan Landbouweekblad gesê die projek het as suiwer korporatiewe maatskaplike belegging deur ’n gidsprojek met naburige gemeenskappe by Safcol-plantasies in Mpumalanga en Limpopo begin.

’n Werkmag uit die gemeenskap wat voedselnood het, word toegelaat om kort nadat bome geoes is, peulgewasse op die grond te plant. Selfs wanneer nuwe bome geplant word, is dié bome nog klein genoeg dat die gewasse kan groei.

Die Landbounavorsingsraad het ook betrokke geraak en help die gemeenskappe om die regte kultivars vir die spesifieke grond te plant.

Die plan is om die projek nou uit te brei en nóg maatskappye gaan betrokke raak nadat hulle die sukses daarvan gesien het.

Dlamini het gesê daar was onder meer vrese vir brandstigting, maar die gemeenskappe het ’n bevestigde belang in hul gewasse.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot