AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Glencoe-plaasskietery: Kommer oor regstelsel se onpartydigheid

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: LBW-argief
Ter illustrasie. Foto: LBW-argief
Die vorige prokureur van ’n KwaZulu-Natalse boer wat van die moord op ’n 17-jarige jeugdige by Glencoe beskuldig word, is bekommerd oor moontlike partydigheid in die hantering van die saak.

Mnr. Garth Millen Simpson (68) is in die Glencoe-landdroshof daarvan aangekla dat hy Qiniso Dlamini na bewering op 28 September op Simpson se plaas doodgeskiet het. Dlamini het na bewering saam met verskeie ander mans gewelddadig probeer om beeste vry te laat wat Simpson geskut het nadat hy hulle na bewering onwettig op sy eiendom gevind het.

Luidens 'n verklaring van die nasionale vervolgingsgesag staan Simpson terreg op aanklagte van moord en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Die saak is tot 14 Oktober uitgestel, wanneer die borgverhoor sal voortduur.

’n Video wat na bewering die voorval wys, en wat Landbouweekblad onder oë gehad het, toon ’n worsteling tussen vier mans wat dan deur ’n geweerskoot gevolg is. Iemand wat by die worsteling betrokke was, val grond toe terwyl die ander mense wegbeweeg.

Mnr. Jacques Botha, ’n prokureur van Kloof naby Durban, het Simpson twee dae lank verteenwoordig onmiddellik ná die beweerde skietery en met die boer se daaropvolgende inhegtenisneming en aanhouding. Hy sê weens koste en om praktiese redes is hy sedertdien deur ’n plaaslike prokureur, mnr. Anwar Jessop, vervang.

Botha sê in die twee dae dat hy Simpson in die Glencoe-landdroshof verteenwoordig het, het hy, Simpson en Simpson se seun en broer almal deurgeloop onder uiterste vyandigheid en dreigemente van geweld deur betogers buite en binne die hofgebou. Dit het na bewering ingesluit dat die bande van Simpson se seun se voertuig gekap is.

“Die aanklaer was uiters huiwerig om na die video van die beweerde skietery te kyk. Ten spyte daarvan dat sy na die video gekyk het, het sy aan die hof gesê dit is ’n beplande en opsetlike moord wat ingevolge bylae 6 (ernstigste misdade) hanteer word. Ek beskou dit as absoluut onaanvaarbaar in die lig van die getuienis.”

'Afgryslike beskuldiging van ons vervolgingsgesag'

Hy sê hy wou hê die landdros moet ook na die video kyk, want die inhoud daarvan sou “die skedule verander het waarin hierdie saak behandel moet word”.

“Die video het die hele prentjie verander. Dit was eintlik in alle opsigte verontskuldigend, maar die hof het geweier. Waarom sou ’n landdros wat veronderstel is om onpartydig te wees, weier om na getuienis te kyk? Hy het geweier om dit te kyk. Hierdie saak is ’n afgryslike beskuldiging van ons vervolgingsgesag en, in werklikheid, die hof.”

Botha beweer twee dae ná Simpson se inhegtenisneming het ten minste twee buitegeboue op die boer se plaas onder verdagte omstandighede afgebrand.

Jessop sê sy kliënt is sedert die beweerde skietery in die tronk en dat Jessop nou aansoek doen dat Simpson op borgtog vrygelaat word.

Me. Sandy La Marque, uitvoerende hoof van die KwaZulu-Natalse landbou-unie (Kwanalu), sê die organisasie het sy lede versoek dat kalmte en geregtigheid moet geskied te midde van opruiende optrede en verklarings rondom Simpson se saak.

“Kwanalu is betrokke by gesprekke met hooggeplaaste amptenare om te verseker dat proaktiewe planne tydens die borgtogverhoor gereed is, sowel as in besprekings oor die veiligheid en beskerming van al sy lede. Die regsorde moet gehandhaaf word en moet nie vir politieke of ander winste gemanipuleer word nie.”

Adv. Elaine Zungu, direkteur van openbare vervolging in KwaZulu-Natal, sê “die feite met betrekking tot die saak is sub judice en daar moet opgelet word dat hierdie feite tydens die borgtogaansoek aangebied sal word, aangesien een van die redes is dat die staat die sterkte van sy saak aan die hof moet toon.

“Die nasionale vervolgingsgesag sal daarom nie hierop kommentaar lewer nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot