AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Glifosaat is veilig, sê Verdoorn

Geen geldige navorsing bestaan in Amerika, Europa of in Suid-Afrika wat sê glifosaat hoort nie op die mark nie, sê dr. Gerhard Verdoorn.

Op geen manier kan 'n vinger na glifosaat gewys word as 'n middel wat die mens, dier of omgewing skade kan berokken as dit volgens voorskrifte gebruik word nie, sê dr. Gerhard Verdoorn, toksioloog en direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum.

Hy het by 'n inligtingsessie oor glifosaat in Pretoria gesê daar moet 'n verskuilde agenda of derdemag betrokke wees by die teenkanting. “Daar is geen geldige navorsing in Amerika, Europa of plaaslik wat sê glifosaat hoort nie op die mark nie.”

Daar word normaalweg 4,3 kg glifosaat per hektaar op 'n land aanbeveel. Al sou al hierdie glifosaat in die lug bly hang, sal 'n mens 150 liter daarvan moes inasem om dodelik te wees. “Dit is fisies onmoontlik,” sê Verdoorn.

Hy sê mens moet egter in gedagte te hou dat álle middele giftig is. “Dit is die dosis wat 'n verskil maak tussen 'n gifstof en 'n nuttige middel.”

Herrie nie oor giftigheid van glisfosaat

Verdoorn sê die groot herrie was nie oor die giftigheid van glifosaat nie. Die internasionale agentskap vir kankernavorsing (IARC) het verlede jaar verklaar dat dit moontlik kanker by mense kan veroorsaak en dit tot 'n kategorie 2A-risiko verklaar. Die Europese Vereniging vir Voedselveiligheid (EFSA) het die navorsing daarna hersien en verklaar dat dit onwaarskynlik is dat glifosaat kanker by mense kan veroorsaak.

Ander  huishoudelike artikels wat deur die IARC in soortgelyke, en self hoër risikogroep geplaas word, sluit in hout- en leerstof (1), sigaretrook (1),  binnenshuise houtvure (1), hoesstroop (1), rooiwyn (1), oogdruppels (2A), koffie (2B), uitlaatgasse (2B) en sonskerm (2B).

“Hoekom is daar nie veldtogte om wyn, bier, brandstowwe, oogdruppels, koffie en sjokolade verbied te kry nie, maar wel oor glifosaat. Gewone mense is bloot oningelig, maar my enigste afleiding is dat dit 'n politieke speelbal geword het,” sê Verdoorn.

Glifosaat is die aktiewe bestanddeel wat in meeste onkruiddoders gebruik word. “Dit word al vir 40 jaar in 160 lande gebruik en daar was al meer as 800 studies wat die veiligheid daarvan bewys het,” het mnr. Kobus Steenekamp, besturende direkteur van Monsanto, SA bygevoeg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot