AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

GM-goedkeuring kan mielie-uitvoer knou

Graan SA is bekommerd dat GM-goedkeuring Suid-Afrika se mielie-uitvoere kan belemmer.

Graan SA is bekommerd dat die goedkeuring van stapelgeenkombinasies, gemik op die invoer van Amerikaanse mielies, marktoegang vir Suid-Afrikaanse uitvoere kan belemmer.

“Ons moet waak daarteen dat ons nie in die proses om invoermarkte oop te kry, uitvoermarkte sluit nie”, het mnr. Jaco Minnaar, voorsitter van Graan SA, by ’n Mielieforumvergadering in Pretoria gewaarsku.

“Indien GMO’s hier by ons goedgekeur word wat byvoorbeeld nie in China ook goedgekeur is nie kan dit die pogings om die mark daar oop te kry vir ons graan in die wiele ry,” het mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, gesê. “Dit kan ’n groot krisis veroorsaak as daar van ’n oorskot ontslae geraak moet word gegewe die ooraanbod op die wêreldmark.”

Hulle het verwys na die poging om sekere stapelgeenkombinasies, wat kommersieel in Amerika beskikbaar is, vir kommoditeitsklaring in Suid-Afrika goedgekeur te kry met oog op die invoer van wit mielies.

Mnr. De Wet Boshoff, voorsitter van die forum se inligting-werkgroep, sê daar is aansoek gedoen vir die kommoditeisklaring vir ses stapelgene. Hiervan is vier klaar hersien en twee is nog in die verwerkingsproses. Daar word gewag op ’n aankondiging oor dié wat klaar hersien is, hopelik teen die einde van November.

Mnr. Andrew Martalas, voorsitter van die SA Vereniging van Graan- en Oliesadehandelaars (Sacota) het gesê die uitstaande kommoditeitsklaring verhoed die moontlike invoer van wit mielies uit die VSA, wat vir invoerders groter beweegruimte kan skep.

“Sacota se siening as verteenwoordiger van die handelaars is om soveel moontlik bronne vir invoer te hê omdat dit dan meer keuses bied en tekorte verhoed. Die mark is altyd onvoorspelbaar en hoe meer opsies daar is hoe beter. Ons glo om die markte oop te kry is die regte ding om te doen.”

De Villiers het gesê handelaars moet dieselfde konsekwentheid handhaaf wat uitvoermarkte betref. ”Vir agt uit 10 jaar moet mielies uitgevoer en nie ingevoer word nie. Daar moet toegesien word dat uitvoerbestemmings moet ooreenstem met dit wat hier goedgekeur is.”

Hy glo al is dit net kommoditeisklaring wat ter sprake is en die spesifieke mielies dus nie hier geplant mag word nie, ander lande dit as ’n handelsversperring kan gebruik. Sacota het onderneem om die ooreenstemming van uitvoerbestemmings na te gaan rondom die stapelgene wat moontlik hier toegestaan sal word. Martalas sê dit behoort nie ’n probleem te wees nie want die VSA is ’n groot uitvoerder na Japan en Korea.

Hy verwag dat daar veral na Japan, Korea en Taiwan gekyk sal word as uitvoerbestemmings vir ’n moontlike oorskot in Suid-Afrika in 2017 terwyl daar ook gewerk word aan markte in die Midde-Ooste.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.86
-1.3%
Rand - Pond
20.07
+0.8%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.50
-0.4%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,707.34
-1.1%
Silwer
20.21
-4.1%
Palladium
2,224.00
-4.2%
Platinum
909.50
-2.6%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,173
-1.1%
Alle aandele
65,583
-1.1%
Hulpbronne 10
63,659
-1.4%
Industriële 25
79,188
-1.1%
Finansiële 15
13,956
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Sterrekyker
Ongekompliseerd, eerlik, opreg, liefdevol. Wat jy sien is wat jy kry. Stel gewoonlik ander voor myself. My familie en naby vriende is baie belangrik vir my, en ek sal enigiers...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot