AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

G'n verligting van futlose graanpryse

SA se naasgrootste mielie-oes stroom na die mark toe, en alle oë is nou op ons mielie-uitvoere gerig, wat weekliks toeneem.

Geen vuurwerk is nog op die futlose graanmarkte in sig nie.

Te midde van ruim wêreldproduksie en steeds groeiende internasionale voorrade, is ’n Suid-Afrikaanse mielie-oes wat volgens alle aanduidings die naasgrootste ooit kan wees, ook al hoe sterker aan die instroom mark toe.

Teen 6 Junie, die einde van die bemarkingsjaar se sesde week, was 2,642 miljoen ton van die verwagte oes gelewer, volgens die SA Graaninligtingdiens (Sagis) se amptelike statistieke.

Alle oë is nou op ons mielie-uitvoere gerig. As dié tempo sou begin spoed optel, kan dit dalk die dalings in ons plaaslike mieliepryse begin briek. Die mielie-kontrakte op ons Safex-beurs was teen middel verlede week reeds tussen 16% en 22% laer as 'n jaar gelede, volgens Graan SA se daaglikse markaanwyser.

Mielie-uitvoer begin darem nou weekliks toeneem. Teen 6 Junie het dit op net onder 51 000 ton geelmielies gestaan. Diepsee-uitvoere van dié het egter nog nie begin gebeur nie, luidens die Graan SA-markaanwyser.

Geelmielie-uitvoere het teen 6 Junie op 54 424 ton gestaan. Diepsee-uitvoer van dié gewas het wel al begin, met 'n verskeping van 33 854 na Taiwan.

Mnr. Wessel Lemmer, Graan SA-ekonoom, wys egter in die markverslag daarop dat ons gemiddeld 250 000 ton mielies per maand oor die diepsee sal moet uitvoer om teen Desember van die uitvoerbare oorskot wit- en geelmielies op die plaaslike mark ontslae te geraak het.

Ons plaaslike mieliepryse val al die afgelope drie maande skerp nadat kontantmark-pryse in Maart, voordat die nuwe oes begin inkom het, bokant invoerpariteit gepiek het. Nuwe seisoen-lewerings, hoewel met 'n laat afskop, het egter sedertdien in alle erns begin, en die amptelik-verwagte oesgrootte is maand na maand verhoog. Die jongste verwagte oes is 13,55 miljoen ton, die grootste sedert 1981 se nasionale rekord-oes.

Beide wit- en geelmieliepryse, net soos kontantmark-koringpryse, beweeg nou rondom die veel laer uitvoerpariteitsvlakke op Safex.

Internasionale markte bied nie vooruitsigte van verligting nie. Volgens die Amerikaners se jongste amptelike voorrade-skattings (die maandelikse Wasde-verslag) verwag dié land, wat toonaangewend vir mieliepryse die wêreld oor is, steeds 'n mielie-eindvoorraad van meer as die helfte van hul vorige bemarkingsjaar (2013/’14).

Die Wasde-verslag wys ook dat die wêreld nou in sy vierde agtereenvolgende jaar van stygende mielievoorrade is. Die geskatte voorrade van beide koring en mielies wat internasionaal beskikbaar is, lê op die oomblik tussen die gemiddeldes vir die afgelope tien jaar en die afgelope twintig jaar onderskeidelik.

Die Amerikaanse mieliemark word verder deur beter as verwagte gewasvooruitsigte vir hul vroeë seisoen onder druk gehou. Mark Welch, voorligtingsekonoom van die Universiteit van Texas, sê in sy jongste mieliemarkverslag verdere prysdalings is moontlik: “Natuurlik kan al hierdie faktore omswaai om pryse weer te laat styg. My punt is egter dat hoewel die mark nou nuwe laagtepunte toets, is daar nog ruimte vir dalings.”

Net soos in die geval van mielies, is internasionale koringproduksie ook in 'n stygende fase.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot