AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Godongwana: Bly kalm, die situasie sal omkeer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Enoch Godongwana. Foto: GCIS
Mnr. Enoch Godongwana. Foto: GCIS
Mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, sê hy is glad nie paniekbevange nie en glo dat Suid-Afrika die vermoë het om dinge om te keer.

Die 2022-begroting wat mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, ter tafel gelê het, is een wat reageer op Suid-Afrika se onmiddellike behoeftes en om te bou op die toekoms.

Dit was Godongwana se eerste volwaardige begroting.

Pres. Cyril Ramaphosa het Godongwana in Augustus as minister van finansies aangestel nadat mnr. Tito Mboweni bedank het. Hy het reeds verlede jaar ’n voorsmakie van die land se finansies gekry toe hy die mediumtermynbegroting ter tafel gelê het.

Godongwana het by ’n nuuskonferensie voor sy begrotingsrede gesê hy is glad nie paniekbevange nie en glo dat Suid-Afrika die vermoë het om dinge om te keer.

Die onmiddellike behoeftes is om arme en kwesbare Suid-Afrikaners te ondersteun, terwyl op koers gebly word om die gesondheid van openbare finansies te herstel. Hierdie benadering word ondersteun deur ekonomiese hervormings om belegging, groei en werkskepping te bevorder.

Ten spyte van oneweredige ekonomiese herstel, het belastinginvordering oor die afgelope 12 maande verwagtinge oortref vanweë die mynbousektor wat goed presteer het, en verbeterde inkomste ná die 2020-resessie. Die staat gebruik ’n gedeelte van hierdie bykomende inkomste om sy skuldlas vinniger te stabiliseer. Die belastingmeevaller word op R182 miljard teen einde Maart 2022 geskat. Die verwagting is dat gekonsolideerde begrotingsbesteding oor die volgende drie jaar teen ’n jaarlikse gemiddelde van 3,2%, vanaf R2,08 biljoen in die 2021-’22-boekjaar tot R2,28 biljoen in die 2024-’25-boekjaar sal groei.

Altesaam R18,4 miljard word in die 2022-’23- en 2023-’24-boekjaar uitgesit om werk vir jeugdiges en korttermynwerk met die presidensiële werkskeppingsinisiatief te skep.

Die ekonomie het begin herstel van die covid-19-inperking in 2021, maar sy herstel het in die tweede helfte van die boekjaar verswak.

Beduidende risiko’s tot die ekonomiese uitkyk sluit in die voorkoms van ’n nuwe covid-19-stam in die konteks van lae inentingsvlakke, die wêreldwye stygging van inflasie, en die volgehoue onderbreking van Suid-Afrika se kragvoorsiening. Die staat is egter daartoe verbind om oor die volgende drie jaar bykomende maatreëls in te stel om die lewering van openbare infrastruktuur te verbeter en private kapitaal te lok. Die geskatte groei van 4,8% in die bruto binnelandse produk (BBP) in 2021 sal gevolg word met ’n gemiddelde groei van 1,8% in die volgende drie jaar. Dit weerspieël ’n stadige herstel.

Die nagevolg van die pandemie en die gewelddadige onluste in Julie in Gauteng en KwaZulu-Natal, wat verlies van 2,1 miljoen werksgeleenthede meegebring het in die derde kwartaal van 2021, is dat baie van hierdie werksgeleenthede heeltemal uitgewis is en nie weer geskep sal word nie.

Landbou

Die staat het reeds aansporings die lig laat sien om werkskepping en entrepreneurskap te bevorder. Arbeidsintensiewe, uitvoer-georiënteerde sektore soos die landbou en toerisme kry dus bykomende ondersteuning.

Die landbou-, bosbou- en visseryesektor het met 3,3% gegroei oor die eerste drie kwartale van 2021 teenoor die ooreenstemmende tydperk in 2020.

Goeie somer- en winterreën, tesame met gunstige pryse, sal ’n tweede agtereenvolgende jaar van groei volhou ten spyte van die inkrimping van die landbou in die derde kwartaal. Hoewel somerveldgewasse en tuinbou oor die tydperk uitgebrei het, het die uitbreking van dieresiektes die veesektor benadeel.

Die verwagting is dat die landbousektor in 2022 sal voortgaan om te groei, in reaksie op gunstige toestande. Handels- en logistieke onderbrekings en deurlopende dieregesondheidsprobleme is risiko’s vir die sektor.

Die staat het R1,3 miljard bewillig vir die program vir landbouproduksie, biosekerheid en hulpbronnebestuur by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling vir inspeksie, kwarantyn en biosekerheid. Die geld sal aangewend word om biosekerheid, en sanitêre en fitosanitêre standaarde wat deur internasionale markte verlang word, te versterk. Om volhoubare ontwikkeling en maatskaplike geregtigheid te bevorder, word R14,6 miljard toegestaan vir grondhervorming en restitusie, en R6,8 miljard vir die gemengde finansieringsprogramme, ontwikkeling van boere en nasorg-ondersteuningsinisiatiewe.

Die tesourie het R27,9 miljard bewillig vir infrastruktuurbelegging en werkskeppingsprogramme, insluitend die presidensiële werkskeppingsinisiatief, asook ramphulp vir die storms en vloede in Kwazulu-Natal.

Land Bank

Die 2022-’23-boekjaar se gebeurlikheidsreserwes neem toe met R5 miljard. Dit is sodat die bedrag wat in 2021-’22 bewillig is, in die nuwe boekjaar aan die Land Bank betaal kan word. Voorwaardes vir die vrystelling van die geld is nog nie nagekom nie. “Weens vertragings om onderhandelings met die leners te finaliseer, sal die oordrag van R5 miljard na die Land Bank waarskynlik nie in 2021-’22-boekjaar materialiseer nie. Die fiskale raamwerk vir 2022-’23 maak in die gebeurlikheidsreserwes voorsiening vir die voorwaardelike toestaan van R5 miljard aan die Land Bank.”

Belasting

Hooflyninflasie word geprojekteer teen 4,8% in 2022 en 4,4% in 2023. Die verwagting is dat kos- en energiepryse, veral munisipale tariewe, stygende elektrisiteitspryse, hoë plaaslike kosinflasie en verhoogde brandstofpryse, sleutelbronne van inflasiedruk in 2022 sal wees.

Die verwagting is dat brandstofpryse wat in 2021 met 40,4% gestyg het, vanjaar sal daal. Dit sal egter steeds bo die gemiddelde prysvlakke van 2019 bly. Om verbruikers en ekonomiese herstel te ondersteun, sal geen verhogings aan die algemene brandstoftarief op petrol en diesel vir die 2022-’23-boekjaar gemaak word nie. Dit beteken ’n belastingverligting van R3,5 miljard. Die heffing vir die padongelukkefonds sal ook nie verhoog word nie.

Slegte nuus vir die suikerbedryf is dat die gesondheidsheffing op suikerdrankies (algemeen bekend as suikerbelasting) met meer as 4 g suiker per 100ml vanaf 1 April 2022 sal styg van 2,21c/g na 2,31c/g. Die tesourie dui aan dat gekonsulteer gaan word om die perk van 4 g te verlaag en die heffing na vrugtesappe uit te brei.

Om verbruikers te ontmoedig om plastieksakke te koop, en hergebruik en herwinning te bevorder, sal die heffing op plastieksakke vanaf 25c/sak tot 28c/sak styg op 1 April 2022. Die gloeilampheffing styg van R10 na R15 per gloeilamp op 1 April 2022. Belasting vir voertuiguitlaatgasse op pasassiersmotors verhoog 1 April 2022 van R120 tot R132/g koolstofdioksied per kilometer en vir dubbelkajuite vanaf R160 tot R176/g koolstofdioksied per kilometer.

Die belastingkoers vir koolstofbelasting het vanaf 1 Januarie 2022 gestyg vanaf R134 na R144 per ton koolstofdioksied. Die heffing vir 2022 sal op 6 April 2022 met 1 sent styg tot 9 sent per liter vir petrol en 10 sent per liter vir diesel.

Drank en sigarette

Soos gewoontlik is die drank- en tabakbedryf nie gespaar van belastingverhogings nie.

Aksynsbelasting vir alkohol- en tabakprodukte is met 4,5% tot 6,5% verhoog. Die belasting op bier styg met 11c per 340 ml-blikkie, op gefortifiseerde wyn met 33c per 750 ml-bottel, op ongefortifiseerde wyn met 17c per 750 ml-bottel, op vonkelwyn met 76c per 750 ml-bottel, op sider en alkoholkiese vrugtedrankies met 11c per 340 ml-bottel en op spiritualieë met R4,83 per 750 ml-bottel.

Verbruikers sal R1,03 duurder vir ’n pakkie met 20 sigarette betaal en die belasting op pyptabak styg met 37c vir 25 g, op sigarettabak met R1,16 per 50 g, op sigare met R6,77 per 23g en op verhitte tabakprodukte met 78c per pakkie van 20.

Daar is reeds ver gevorder aan werk om elektroniese nikotien- en nie-nikotienleweringstelsels te belas. Die voorstel is dat aksynsbelasting van R2,90/ml vir nikotien- én nie-nikotienoplossings ingestel word. Dit sal waarskynlik 1 Januarie 2023 ingestel word. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
-0.8%
Palladium
1,415.66
-0.5%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot