Deur die regte data in te samel en dit dan reg in te span, kan boere en ander belanghebbendes in die landbouwaardeketting die impak van gebeure soos verlede jaar se plundery, die kuberaanval op Transnet, en vraghouertekorte bestuur, volgens mnr. Greg Whitaker van die landboudatamaatskappy AgrigateOne.
Whitaker het op die onlangse Fresh Solutions-konferensie, wat jaarliks deur die varsprodukte-bemarkingsvereniging aangebied word, gewaarsku dat boere in die varsproduktebedryf Suid-Afrika se infrastruktuur in ag sal moet neem wanneer hulle beplanning doen oor die bestuur van hul oeste in die toekoms.
“Die sitrusbedryf alleen gaan oor die volgende tien jaar 8 000 ekstra vragmotors nodig hê om die groeiende produksie te karwei.”