AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Goeie landboutoestande gee Zeder hupstoot

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Beter landboutoestande het tot beter prestasie in ’n groot deel van Zeder Investments se portefeulje gelei.

Danksy verwagte voortgesette goeie toestande lyk die vooruitsigte vir dié maatskappy, wat in landboubesigheid belê, ook goed, het mnr. Johann le Roux, uitvoerende hoof, met die bekendmaking van die groep se resultate vir die ses maande tot einde Augustus gesê.

Die goeie toestande beteken dat daar op kort termyn ’n gunstige vraag na landbouproduksiemiddele en kommoditeite sal wees, maar boere kan wel onder groter druk wees weens hoër pryse vir kunsmis, brandstof en ander produksiemiddele.

Zeder se portefeuljemaatskappye word geraak deur voortslepende voorsieningskettingprobleme verwant aan covid-19, soos hoër verskepingskoste en ’n tekort aan skeepshouers. Le Roux het gesê die bestuur pak dié probleme proaktief en dit sal hopelik teen die komende tafeldruifseisoen grootliks uitgestryk wees.

Nadat Zeder sy belange in Pioneer Foods en Quantum Foods verlede jaar verkoop het, het hy nou belange in The Logistics Group (TLG), Capespan, Kaap Agri, Zaad en Agrivision Africa. 

Sitrus steun prestasie

TLG waarin Zeder ’n belang van 98,2% het, het baie goed presteer met herhalende wesensverdienste van R90 miljoen, ’n styging van 186% teenoor die vergelykbare vorige periode. Dit was danksy hoër mynuitvoer en rekordvolume in die sitrusbedryf, maar die vorige tydperk se lae basis, weens streng covid-19-maatreëls, het ook ’n rol gespeel.

Le Roux sê TLG se nuwe Ressano Garcia-terminaal, ’n spoorwegterminaal in die suide van Mosambiek, net anderkant die Komatipoort-grenspos, is in Julie geopen en is ’n opwindende nuwe ontwikkeling. Vragmotors met vrag vir die Maputo-hawe kan dit daar aflaai vanwaar dit per spoor na die hawe gebring word. TLG se bestuur kyk na soortgelyke ontwikkelings in ander Afrika-korridors.

Capespan, waarin Zeder ’n belang van 94,6% het, het in die verslagtydperk ’n verlies van R56 miljoen gely, vergeleke met ’n verlies van R27 miljoen in die vergelykbare tydperk. Die styging was grootliks weens tydsverskille in landboubedrywighede en omdat daar in die vorige periode, weens die covid-19-pandemie, vroeër meer vrugte in die mark geplaas is wat daartoe gelei het dat winste vroeër as normaalweg verdien is.

Kaap Agri, waarin Zeder ’n belang van 42,3% het, het stewige resultate behaal en vooruitsigte lyk goed danksy ’n belowende koringoes in die Swartland en algemene gunstige klimaatstoestande in die Wes-Kaap.

Die landboutoestande lyk ook goed vir Zaad, waarin Zeder ’n belang van 97% het. In die afgelope halfjaar het Zeder oorbruggingsfinansiering verskaf aan Zaad om ’n 40%-belang te verkry in die EA Seeds-groep in Kenia, die toonaangewende onafhanklike saadmaatskappy in Oos-Afrika.

Agrivision Africa, Zeder se belegging in Zambië waarin hy ’n 56%-belang het, het beter gevaar danksy beter waterbeskikbaarheid en oeste, asook aanvaarbare kommoditeitspryse. Le Roux het gesê Zeder beskou die onlangs verkiesingsuitslag in dié land as gunstig. 

Kontant

Zeder se som-van-die-dele het van R4,33/aandeel tot R4,45/aandeel in die halfjaar gestyg danksy opwaartse waardasies van Kaap Agri en TLG.

Die maatskappy het dividende van altesame R90 miljoen van Kaap Agri, Capespan en TLG ontvang. In Mei 2021 het hy ’n spesiale dividend van 20c verklaar. Sy kontantbalans beloop R476 miljoen wat hom in staat stel om sy portefeuljemaatskappye by te staan.

Le Roux kon nog geen nuus bekend maak oor aanbiedinge wat Zeder vir verskeie van sy beleggingsportefeuljes ontvang het en wat nog deur die direksie oorweeg word nie. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.06
+0.1%
Rand - Pond
20.03
+0.7%
Rand - Euro
17.69
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.61
-0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,664.18
+0.2%
Silwer
19.25
+1.1%
Palladium
2,165.70
-0.0%
Platinum
866.00
+0.2%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
0.0%
Alle aandele
63,726
0.0%
Hulpbronne 10
60,230
0.0%
Industriële 25
77,400
0.0%
Finansiële 15
13,796
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot