AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9530
-36,00
CORN
27 Sep
-
4818
-37,00
SOYA
27 Sep
-
8700
-9,00
SUNS
27 Sep
-
9848
-120,00
WEAT
27 Sep
-
7045,8
-12,20
WMAZ
27 Sep
-
4838
-28,00
YMAZ
27 Sep
-
4680
-30,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Goeie mentorskap maak Beesboer van Jaar

Goeie mentorskap het Voermol se Beesboer van die Jaar, mnr. Kleinjan Gasekoma, op die wenpad geplaas.

Die Voermol Beesboer van die Jaar, mnr. Kleinjan Gasekoma van Reivilo, het ’n boeredag op sy plaas gehou wat deur meer as 150 mense bygewoon is. Gasekoma boer met Braunvieh-beeste en SA Boerbokke en hou ook wild op sy twee plase aan.

Mnr. Cois Harman, mede-eienaar van Agristart, die onderneming wat boere tot selfstandigheid en onafhanklike boere uit eie reg ontwikkel, en Gasekoma se mentor is, sê mentorskap gaan oor die boer en sy suksesvolle vestiging op 'n plaas: Nie oor die mentor wat die boerdery oorneem, homself verryk en die staatsgeld aan kontrakteurs en subkontrakteurs bestee wat in die meeste gevalle nie die boer se belange op die hart dra nie.

Gasekoma het op ’n boeredag op sy plaas Bruintjiesfontein naby Reivilo in Noordwes vertel hoe hy daarin geslaag het om beesboer van die jaar te word. “Die Here was altyd naby aan my,” het hy vertel. So het hy eendag, toe hy nog ’n kind was, gesien die skape wat hy oppas, hardloop weg in die lang gras. Toe sien hy ’n reusagtige geelslang hier teenaan hom. Hy het ongeskonde weggehardloop en agterna besef as die Here by jou staan, sal jy niks oorkom nie.

Was verslae en moedeloos

Gasekoma was net 'n toeskouer toe sy eerste mentor aangewys is. Dié het byvoorbeeld drade sonder stutpale laat span, wat ná die eerste reën omgeval het. “Gasekoma was verslae en moedeloos, want hy is nie toegelaat om dinge te doen en te boer soos hy wou boer. Daarom kon hy nie vorder nie. Hy het geen beheer gehad nie,” het Harman vertel.

Gasekoma het intussen geweet wat hy wou hê. Toe hy wéér die kans kry om sy boerdery met staatshulp op koers te plaas, het hy geweier dat 'n onbekende mentor aangestel word. Harman het sy mentor geword en Gasekoma het deel van die beplanning geword. Binne vyf maande ná ontvangs van die ontwikkelingsfonds, was alles op die plaas in ’n werkende, funksionele toestand en krale, hanteringsgeriewe, kampe, gange, suipings, lekbakke en ’n dam is gebou. Toe kon Gasekoma funksioneel boer.

Gasekoma se seun, Clement, en die ander drie werkers wat met die ontwikkeling gemoeid was, is al die tegniese vaardighede geleer wat op die plaas nodig is.

Gras is sy grootste bate

Harman het gesê Gasekoma  volg boerderyreëls. “Die gras is sy grootste bate en hy kyk na sy weiding sodat hy kos vir sy beeste kan hê. Hy sorg ook vir lekke en gebruik ’n veearts, landboudienste en diensverskaffers wat hom kan help.

Gasekoma werk goed met sy bure saam en hulle ondersteun mekaar. Dit is vir hom belangrik om 'n positiewe rol in sy gemeenskap te speel. Hy is die voorsitter van ’n teen-misdaadforum en lid van die plaaslike boereverenigingtak en Braunvieh-telersgenootskap.

* Luister na wat ander mense sê as jy die beste boer wil word. “Moenie meer praat as wat jy luister nie,” is Gasekoma se raad aan ander boere met drome in hul oë.

Foto-byskrif: Die sprekers, beoordelaars en organiseerders op die Voermol-boeredag. Van links is mnre. Kenny Crampton (Voermol), Mike van den Berg (BKB), Dawie Maree (ENB), Cois Harman (mentor), Kleinjan Gasekoma (Beesboer van die Jaar), Ulrich Müller (Voermol), Gawie Coetzer (Voermol), prof. Hennie Snyman (beoordelaar), Mike Barlow (Voermol) en Hendrik van Pletzen (beoordelaar). Foto: Charl van Rooyen

kleinjan-groep-600

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
+0.6%
Rand - Pond
19.40
-0.4%
Rand - Euro
17.31
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,637.00
+0.9%
Silwer
18.67
+1.7%
Palladium
2,041.34
-0.1%
Platinum
861.76
+1.0%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,305
+0.0%
Alle aandele
63,663
+0.1%
Hulpbronne 10
56,065
-0.3%
Industriële 25
79,425
-0.1%
Finansiële 15
14,087
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot