AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Goeie nuus vir katoenboere

Suid-Afrikaanse boere kan 'n goeie prys vir hul katoen verwag, hoewel internasionale katoenpryse volgens die jongste vooruitskatting van die Internasionale Katoenadvieskomitee die vyfde agtereenvolgende seisoen heelwat onder die gemiddelde Cotlook A-indeks van 1 725,9 c/kg (72 Amerikaanse sent per pond) gaan eindig.

Dié komitee skat die Cotlook A-indeks sal in die 2002/03-seisoen op 1 270,5 c/kg ($0,53 per pond) te staan kom. Dit is 27 % hoër as die gemiddelde prys van die vorige seisoen. Mnr. Hennie Bruwer, hoof uitvoerende beampte van Katoen SA, sê dit beteken 'n plaaslike katoenplukselprys van sowat R3,80/kg. Nog goeie nuus is die advieskomitee se verwagting dat die Cotlook A-indeks in die 2003/04-seisoen tot 1 366,33 c/kg ($0,57/pond) sal styg, wat die plaaslike plukselkatoenprys in die volgende seisoen tot meer as R4,00/kg kan opstoot. Volgens die komitee is China die grootste veranderlike faktor in die internasionale katoenhandel wat elke jaar die grootste uitwerking op prysskommeling het. Netto handel deur dié land is verantwoordelik vir minstens die helfte van die jaar-tot-jaar-skommeling in katoenpryse. Die komitee beraam dat as China se netto invoer 100 000 ton beloop, dit die Cotlook A-indeks met sowat 47,94 c/kg ($0,02/pond) laat toeneem. Een rede waarom die komitee nou 'n hoër gemiddelde Cotlook A-indeks van 71,9 c/kg ($0,03/pond) verwag as 'n maand gelede, is dat die wêreld se katoenproduksie sowat 10 % kleiner kan wees as die rekordproduksie van 21,4 miljoen ton in die vorige seisoen. Hoewel die onlangse vloed in China 'n beperkte uitwerking op katoenproduksie in dié land gehad het, word verwag dat hy sy produksie met 17 % sal laat daal. In Amerika sal produksie waarskynlik 9 % laer wees as in die vorige seisoen, in Indië 7 % en in Pakistan 5 %. In Australië dui oesskattings daarop dat dié land se oes 37 % kleiner kan wees, wat die laagste in sewe jaar sal wees. Die rede hiervoor is dat die watertoekenning aan besproeiingsboere tot net 'n derde van 'n gewone seisoen gesny is weens die droogte. Die advieskomitee verwag dat internasionale katoenverbruik tot 'n rekordvlak van 20,7 miljoen ton in die 2002/03-seisoen sal styg. Dit is 3 % meer as die vorige seisoen se verbruik. Volgens die agtste produksieskatting vir die plaaslike katoenoes, word 96 944 bale vesel verwag. Dit verskil min van die vorige maand se skatting. Dit is 46 % minder as die vorige seisoen se oes. Die kleiner oes word toegeskryf aan die swak prysvooruitsigte in planttyd verlede jaar en die meer aantreklike opbrengste van mededingende gewasse. 4 Oktober 2002
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Sommer net ek
Want almal kan doen met n goeie nuwe vriend, Ek hou daarvan om mense te sien lag en gelukkig wees
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot