
Volgens ’n mediaverklaring van die SA Landboumasjinerie-assosiasie (SAAMA) is 580 eenhede verlede maand verkoop, vergeleke met 445 eenhede in Mei verlede jaar.
Vanjaar is tot dusver ook ’n baie goeie jaar vir trekkerverkope met sowat 37% meer as verlede jaar. Ook stroperverkope vaar goed met 56 eenhede wat verlede maand verkoop is. In Mei verlede jaar is 33 eenhede verkoop.
Volgens SAAMA sal die swakker rand lei tot hoër pryse vir toerusting.
“Sekere boere sal vroeër oor aankope besluite en dit sal waarskynlik op kort termyn tot beter verkope lei. Ramings vir trekkerverkope in die bedryf is opwaarts aangepas vir die 2012-kalenderjaar en word nou geraam teen ’n vlak wat meer ooreenstem met die bykans 7400 eenhede wat verlede jaar verkoop is,” lui die verklaring.