AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Goeie reën val in die Vrystaat!

Heerlike reën het oor dele van die Vrystaat uitgesak en tot 200mm is by Vrede gemeet. Die Wilgerivier is ook oor sy walle.

Groot hoeveelhede reën wat die naweek en vroeg die week oor dele van die Vrystaat uitgesak het, laat talle boere asem ophou. Geen ernstige oorstroming is deur Vrystaat Landbou se lede aangemeld nie, sê Vrystaat Landbou in 'n nuusverklaring.

“Die Wilgerivier is besig om teen sy walle uit te klim, en spoel tans in van die lande in, maar ons hou die situasie mooi dop,” vertel mnr. Klasie van Rensburg, die organisasie se distrikvoorsitter in Frankfort. Hy sê die rivier is tans sowat 140% vol, en hoewel skade aan gewasse te wagte is, kan hulle nie tans sê hoe groot of hoe ernstig skade kan wees nie.

Dele by Villiers en Vrede het die naweek van 120mm tot 180mm reën gehad. Mnr. Thinus Steenkamp, distrikvoorsitter van Warden, sê van boere by Vrede het tot 200mm gemeet. Steenkamp het op sy plaas sedert die naweek 70mm gemeet, en dit reën tans nog, vertel hy.

Damme loop vol
“Elke bietjie water wat nou val, bly op die grond lê,” sê mnr. Michael Scheepers, distrikvoorsitter van Slabberts. Hy het sowat 25mm reën oor die naweek gehad. By Vanstadensrus het paaie plek-plek verspoel met 40mm tot 60mm reën wat Maandagaand, 10 Maart, voorgekom het. Mnr. Francois Wilken, distrikvoorsitter, sê die reën volg op sowat 40mm oor die naweek. Die damme loop vol, en die wêreld lyk mooi.

Emmers vol reën is deur me. Alison Oates in die Swinburne-distrik, aangemeld. “Ons is tot by ons ooglede onder water. Maar, hulle vertel ’n ou tante het eendag gesê – julle het gebid vir die reën, so julle moet dankbaar wees,” skerts Oates. Sy het oor die naweek sowat 40mm reën gehad, terwyl sowat 85mm rondom Harrismith aangeteken is. Die dorp het glo erge waterskade gehad ná die reën.

Mnr. Gerry Adendorf, distrikvoorsitter van Rouxville, sê van die boere in die omgewing is ná baie reën vir ‘n tyd lank gestrand. Hy het die afgelope paar dae 85mm reën gehad.

Hoop vir opvolgreën
Die droogte in die Hertzogville-omgewing is gebreek, sê mnr. Willie Goosen, distriksvoorsitter. Reënval in dié gebied het die naweek van 30mm tot 80mm gewissel.  Mnr. Jimmy Kemp, Hennenman se distriksvoorsitter, sê hulle sal nóg reën verwelkom. Dié streek het 20mm tot 30mm reën oor die naweek gekry, en hulle hoop vir opvolgreën.

In die distrikte Bloemfontein en Brandfort het swaar reën Dinsdagoggend voorgekom. Mnr. Danie van Tonder sê oor die naweek het 15mm op sy plaas naby Bloemfontein geval, maar Dinsdagoggend alleen het hy 32mm gehad. Mnr. Willie Maas, distrikvoorsitter van Brandfort, sê 15mm tot 22mm het in dié omgewing geval.

Die droogte se greep in die Suid-Vrystaat is gebreek, hoewel sowat 50% van die damme in die Xhariep-distrik se watervlakke baie laag is. Mnr. Junior Jacobs, ondervoorsitter in dié distrik, sê die reënval van die naweek en vroeër die week het van 30mm tot 80mm gewissel. Die Luckhoff-distrik het ook groot verligting ervaar toe 22mm tot 30mm daar geval het.

Reënvalkaart hieronder met vergunning van J. Malherbe, R. Kuschke en die LNR.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot