AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Gordhan, die MTBR en die landbou

Alle oë is Woensdag op die mini-begroting gerig terwyl harde werk voorlê om finansierders te oortuig dat Suid-Afrika én baie boere nóg ’n kans waardig is.

Die Minister van Finansies het bepaald een van die mees uitdagende begrotings toesprake wanneer hy die volk op 26 Oktober in die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) toespreek. As sodanig is die minister, mnr. Pravin Gordhan, self onder beleg met ’n aanklag van bedrog waarvoor hy ’n week ná sy toespraak in ’n ope hof moet pa staan.

Dié ontwikkeling is na bewering besig om ’n wig te dryf binne die regerende party, met teen- en vir-argumente, met ongekende steun ten opsigte van afkeur van dié aanklag onder leidende sakelui. As sodanig dui dié verwikkelinge op ’n ernstige leierskap-vakuum. Daar word amper onrealistiese verwagtinge gestel aan wat minister Gordhan gaan en kan opdiep. Vervolgens die ooreenkomste:

Rysmiere en erosie

Die uitgaande Openbare Beskermer het ’n verslag uitgebring wat na bewering ernstige nepotisme en staatkaping blootgelê het. Gordhan het self ingespring met ernstige vrae oor beweerde kapitaalvloei wat die fiskus kan benadeel. Ernstige lekkasie van staatsfondse as gevolg van korrupsie en ander ontoepaslike metodes om met die geld van die staat te werk, is aan die orde en moet aangespreek word. Dié dam het lekplekke, sommige is die gevolg van normale verweer, maar daar is afdoende tekens waar lekplekke ekstern induseer is!

Rysmiere vreet die bietjie gras wat oor is, op. Erosie kalwe die potensiaal weg en beide sal met groot koste aangespreek moet word en as sodanig verteer die besteebare inkomste wat beter aanwending kon vind soos om groei te stimuleer.

Kredietwaardigheid in boerdery

Ná die 2015-droogte gaan baie boere sukkel om bankbestuurders te oortuig dat hulle nóg ’n kans verdien. Solvensie kan dalk voldoende wees, maar likiditeit pla. Die Suid-Afrikaanse fiskus is onder druk.

In die woorde van Gordhan is dit duidelik dat die koevertjies met kontant vir die begroting en onverwagte gebeure net eenvoudig te min in het om álle aansprake op hulp vanaf die fiskus, te ontmoet.

Graderings van buite is ’n funksie van die fiskus se betaalvermoë. Die waarde van die rand is ’n goeie barometer, want die daling dui reeds op ongunstige verdiskontering. Harde werk lê voor om finansierders te oortuig dat beide SA en baie boere nog ’n kans waardig is.

Ongunstige eksterne omstandighede

Goeie en aanhoudende reën is ’n voorvereiste vir die heropbou van die landbou ná die droogte. Minister Gordhan het ’n yslike taak op sy skouers om groei stimuli te identifiseer wat werklike verskil kan maak. Tans dui weervoorspellings wat die fiskus aanbetref nie op ’n goeie reënjaar nie.

Groei-verwagtings is alreeds afwaarts aangepas en die goeie inflasienuus van die afgelope tyd was maar soos ’n jaloers bui – dit dui op kol-kol reën! Buurplase is oorgeslaan. Die gebrek aan likiditeit kan ook stremmend inwerk op voorbereiding van die nuwe plantseisoen, ook wat die fiskus aanbetref.

Krisis in geloofwaardigheid

Daar is nie eenstemmigheid of Gordhan vertrou kan word met die tjekboek van die staat nie.  Doelbewuste pogings op die hoogste vlak om sy geloofwaardigheid te bewys, het ongekende afmetings aangeneem. Inmiddels swoeg die kommersiële landbou om ondersteuning vanaf veral die staat op alle vlakke verby praatwinkels te kry.

Die droogte, voedseltekorte, invoere van stapelvoedsel en hemelhoë kos-inflasie dra nog nie voldoende gewig om onverwyld verreken te word in aksiestappe wat ’n verskil op grondvlak kan maak nie. Rome brand en hulle speel viool!

Dit is asof saakmakende leiers in die Regering tevrede is met wat die oog nie sien nie . . .  Die woorde van die afrigter van die 2016 Curriebeker-kampioene: “Val die oop spasies aan en ondersteun mekaar” kan gerus ter harte geneem word.

Koste-knyptang

Plaaspryse styg minder as insette, met die gevolg dat boere net deur doeltreffendheid verhoging en meer effektiewe metodes volhoubaar kan bly. Minister Gordhan bevind hom in dieselfde situasie. Dit lyk egter of die staat se dilemma nie reg verstaan word nie en hieroor kan Gordhan die sweep klap.

* Dr. Kobus Laubscher is 'n landbou-ekonoom en voormalige hoofbestuurder van Graan Suid-Afrika.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.15
+0.4%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.57
-0.9%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,717.07
-0.5%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,253.00
-3.0%
Platinum
923.50
-1.1%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
n Man opsoek na n maatjie
Ek is n Christen en soek n Christen maatjie. Ek leef eenvoudig, is baie lojaal en hou van vrede in my lewe. Ek is n introvert maar kan sosiaal wees as ek moet. Ek verkies...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot